Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

31.10.13

Ouma Pulane se huis toe gaan

In Rooi Rose se Kersuitgawe van 1971 skryf die blad se redakteur, MARTIE SNYMAN, onder die opskrif “Dit sal ek nooit vergeet nie” soos volg:

As ‘n mens terugkyk op ‘n joernalistieke pad wat byna 25 jaar ver na die dinge van gister en eergister toe streep, is daar baie insidente wat jy onthou. Sommige borrel só oor van die lag en die lekker dat jy jou

30.10.13

Daar was nie skandes en skandale om lieflike Glenda nie

FRANS SCHEEPERS, gewese redaksielid van Die Transvaler, skryf: Ja, ek onthou Glenda Kemp baie goed, met liefde en deernis. Ek het haar nooit op die dansvloer met Oupa die reuseslang in aksie gesien nie, maar ek het Glenda, die mooi fyn meisiekind van die Rodeon-Hoërskool op Swartruggens in die destydse Wes-Transvaal goed geken.

Glenda het ietwat van 'n moeilike kinderlewe gehad. Maar hier in die

29.10.13

Antonie se droë humor bly Jasper by

Jasper Schellingerhout skryf: Die skrywe van Tjaart Richards oor sy pa Antonie, het my laat dink aan sy “droogheid” as dit by sêgoed kom.

By dieselfde Aucklandpark waarvan Tjaart, sy seun, skryf, het die fotostaatmasjien in die subkantoor van Die Vaderland gestaan. Een van daardie waarvan die papier nog in rolle was wat na rou geelwortels geruik het, veral as die masjien lekker warm begin raak het.

28.10.13

Fotodag 9: Fotograaf wees, is nie net drawwe nie

Persfotograwe het dit soms nie te waffers nie. Hulle moet dikwels langs die rugbyveld draf om 'n wendrie te probeer skiet, dan weer 'n gru-toneel van 'n ongeluk op film vaslê.  Gelukkig is daar ook die "ligter" oomblikke wat in 'n mate vir die minder lekkeres vergoed.  Meegaande foto's van Vaderland-fotograwe het in Junie 1977 in Perskorhaan verskyn.

25.10.13

Oupa knip afssssspraak kort

JAKKIE GROENEWALD skryf: Noudat daar so na Glenda Kemp verwys word ...

Toe Glenda op die kruin van haar ontkleeloopbaan was, moes ek vir Die Vaderland ’n onderhoud vir ’n storie vir die kunsredaksie met haar gaan voer.

24.10.13

Hartoorplantingsdrama het ook sy humor bevat

NÁ gister se alte lang inleiding stel K’rant HERMAN SNYMAN sonder meer aan die woord. Sy onderstaande bydrae het in Rooi Rose se Kersuitgawe van 1972 onder die kapstok “Dit sal ek nooit vergeet” verskyn. Met die afspeel van die gebeure was Herman Dagbreek en Sondagnuus se Kaapstadse verteenwoordiger.

23.10.13

’n Kort kuiertjie met Herman Snyman

Piet Ebersöhn
PIET EBERSöHN skryf: Vra ‘n bietjie vir Herman Snyman om ‘n storie vir K’rant te skryf oor sy verleentheid die slag toe hy hartoorplanter Chris Barnard gebel het, het iemand – ek dink dit was Willie Buys – lank, lank gelede gesê. Ek bel toe vir Herman en vra.

22.10.13

Waar is Transvaler en Metro se mense?

LITA KOTZÉ, gewese redaksielid van Transvaler en Noord-Transvaler Metro, skryf: Ek het ‘n paar weke gelede K’rant ontdek toe ek op Google rondgespeel het op soek na iets. Ek het summier ingeskryf. Nou is dit te lekker om elke oggend vroeg my koerant tuis “afgelewer” te kry. Dis net, julle praat van kollegas van só lank terug, dat dit vir my ‘n openbaring is oor watter bekende name in die openbare lewe vroeër in die joernalistiek was. Dit is nietemin ‘n heerlike nostalgiese reis om daagliks te lees wat die “oumanne” gedoen het – hoe hulle die joernalistiek bedryf het. Stout, soms!

Marie, jou ou doring!

LALA WAHL skryf: Marie  (Lindeque), jou ou doring! Baie geluk met jul kleinding en natuurlik ook jou komende status as "Mevrou"! (Vorige berig: klik HIER.)

Ek wil nie sê "mag daar nog vele wees" nie, want een is genoeg om jou die res van jou jare gelukkig te maak!

Onthou die foto's van die groot dag moet ook kom, nè?

21.10.13

Fotodag 8a: Só ry ’n man ’n leeu!

BENNIE NEETHLING skryf: Die destydse Verre Noord-Transvaalse Toerismevereniging het by geleentheid ‘n toer vir verslaggewers deur die streek gereël – van Potgietersrus af na Pietersburg, Louis Trichardt, Messina en Tshipise, waar ons eerste oornag het. En die laaste dag deur Tzaneen en Magoebaskloof, afgesluit met ‘n besoek aan die Universiteit van die Noorde naby Pietersburg. Op die “leeu se rug” is oorlede Jaap de Bruyn, ‘n politieke verslaggewer van Die

Fotodag 8b: Lyn natmaak op Swakop

PHILIP DEETLEFS het dié foto opgespoor en aangestuur: André de Bruyn was in die jare sewentig en tagtig 'n gerespekteerde militêre korrespondent by Die Vaderland en later by Die Republikein in Windhoek. Dit was tydens die klimaks van die sg grensoorlog dat André Windhoek toe gekom het om as militêre korrespondent "nader aan die vuur" te kon staan. André het baie gou baie lief geword vir Namibië. Swakopmund, waar hy hier op die pier sit en lees was een van

18.10.13

‘Voluntary confession’ maak sake toe moeilik

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Op ‘n dag stap ek en The Star se misdaadversaggewer, Alan Hardy, op pad na ‘n misdaadkonferensie in John Vorsterplein met die trappe op en kry ons ‘n plas bloed op die trappe. Alan wonder of dit ‘n ongeluk- of aanrandingslagoffer se stille getuienis is.

“Nee,” help ek hom reg. “Voluntary confession.”

17.10.13

Len Lindeque word oupa

MARIE LINDEQUE-REINECKE skryf: Drie en dertig jaar ná sy dood word Len Lindeque vir die eerste keer oupa.

Len is Leonard Nico Lindeque.

Sy jongste dogter Leneque (32), wat twee maande ná

K’rant se waarde

JAPIE BOSCH skryf: Verlede week vra Charl Thom in ‘n e-pos aan K’rant se redakteurs of iemand weet wat van André du Toit, voormalige Londense verteenwoordiger van die APB en redakteur: buiteland van Die Vaderland, geword het.

Antonie Richards se seun sê dankie

Tjaart Richards, seun van Antonie Richards, oud-assistant-nuusredakteur van Die Vaderland, skryf uit Perth, Australië: Ek wil net dankie sê vir die K'rant. Ek het 'n paar woorde oor my oorlede pa asook twee foto's daar ontdek wat my baie na hom laat verlang.

Ek onthou die ou Perskor-gebou in Doornfontein baie goed en was selfs 'n paar keer saam met my pa by Vegkop oorkant die straat (koeldrank gedrink in die dameskroeg).

Weer eens baie dankie vir die herinneringe.

16.10.13

Betroubare beriggewing help geskiedenis skryf

AMANDA BOTHA skryf: Wat vir my veral groot vreugde verskaf het, was dat my notas en sekere berigte kon help om ‘n deeltjie van die politieke geskiedenis van die 1970’s en 1980’s aan te teken in die eerste twee boeke van die oudpolitikus, Japie Basson.

In 2000 het Jan Heunis my gevra om saam met hom te

15.10.13

Willem de Klerk-legger gee Gert nuwe lewensin

GERT COETZEE skryf: Ek was agt toe ons Krugersdorp toe trek. Ons was in die Dopperkerk agter die dam en standbeelde, oorkant die koshuis van die Hoërskool Monument, en ons predikant was doktor Willem de Klerk.

Hy het die slag gehad om vir jou spesifiek te preek, of jy agt of tagtig was. Nie vuur, swael of ’n outestamentiese, ewige verdoemenis nie.

14.10.13

Fotodag 7: Conception, waar die pad 'n duinesee is

PHILIP DEETLEFS skryf: So sewe jaar gelede het ek saam met Nic Kruger en 'n klomp ander vriende van die Republiek die sandpad aangepak al langs die see van Walvisbaai na Conception Baai. Conceptionbaai is so halfpad af na Luderitz, maar daar is nie 'n pad nie. Jy moet oor die duinesee ry.

Saam met ons was onder andere oorlede oom Hennie Kotze se seun MG

11.10.13

Julle moes sy gesig sien

Hanekraai, personeelblad van die APB, het in Julie 1970  soos volg berig:


Johann Liebenberg
Willie Havenga
JOHANN LIEBENBERG, Die Vaderland se politieke korrespondent, en fotograaf WILLIE HAVENGA was toe oorsee -- en dit nogal saam met die Eerste Minister, mnr. John Vorster, en dié se geselskap.

Vir Johan was dit nou nie juis 'n snaaksigheid om hom anderkant die groot blouwater te begeef nie, want hy

10.10.13

Groter of kleiner

Navrae is al ontvang oor die grootte van K’rant en die vertoning daarvan op ‘n rekenaarskerm. Die belangrikste vraag is of die letters groter gemaak kan word.

Die antwoord is: ja. Druk en hou die “control-”knoppie (Ctrl, links onder op die sleutelbord) in en druk terselfdertyd die “+” of “-“ knoppie. Die inhoud op die skerm sal onderskeidelik groter of kleiner word. Die werk met enige webtuiste.