Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

17.10.13

Len Lindeque word oupa

MARIE LINDEQUE-REINECKE skryf: Drie en dertig jaar ná sy dood word Len Lindeque vir die eerste keer oupa.

Len is Leonard Nico Lindeque.

Sy jongste dogter Leneque (32), wat twee maande ná
sy dood gebore is, se naam is saamgestel uit Len + die "egue" van Lindeque. Haar tweede naam is Xanthe (Grieks vir goue hare). Hy het vooraf op hierdie naam besluit.

Nico saam met sy ouma Marie, 
sy ma Leneque, links, en 
tannie Sandi met hom op die skoot.
Leneque se ma, die joernalis Marie Lindeque-Reinecke, het op haar eerste naam besluit om haar na haar na haar pa te vernoem.

Sy vyf maande oue kleinseun het nou sy oupa se tweede naam en heet Nico Christian Lindeque.

Sy oudste dogter Sandi (50) uit sy eerste huwelik het nie kinders nie en is net so erg oor klein Nico. Sandi het op 18, twee jaar ná haar pa se dood, in 'n rolstoel beland nadat sy haar rug in 'n motorongeluk gebreek het. Sy is 'n vryskut kunstenaar en illustreerder.

Leneque is 'n ginekoloog en begin einde September met haar private praktyk op Secunda, Mpumalanga. Tot nou toe was sy 'n konsultant en dosent by Tygerberg-hospitaal in Kaapstad.

Ma Marie het pas ook uit Kaapstad Secunda toe getrek en sal bedags na klein Nico kyk terwyl sy mamma werk.

En ouma Marie gaan weer trou! Op 62!

Leneque by haar pa se graf.