Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

21.11.13

Jan, Jan, Jan, die man van staal

PIETER KRUGER skryf: Ek kry twee weke gelede ‘n oproep op my selfoon, maar voordat ek dit kon beantwoord, sit die persoon aan die ander kant neer.

Seker maar iemand wat ‘n “piece job” soek en nie meer sellfoontyd het nie, dog ek.

En wie antwoord toe ek terugbel? Jan van der Merwe.

20.11.13

Sindikate slaan toe en steelfoto’s span die kroon

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Voornemende regslui studeer jare lank aan universiteite om hulle beroep te bemeester. Misdadigers vat gewoonlik ná 'n onbesonne blaps kortpad tronk toe vir gespesialiseerde opleiding deur geharde misdadigers. In dié “universiteit” leer hulle prakties hoe om 'n opvolgbesoek deur die polisie en inhegtenisneming te vermy. Die meer geslepe kalante word dáár, voor hul ontslag, deur sindikaatleiers gewerf en by bendes betrek.

19.11.13

Jare dertig se politiek sorg vir blywende herinneringe

TJAART VAN DER WALT, oudjoernalis en direksielid van Hoofstadpers, een van die filiale van Perskor, was een van diegene wat in 1971 aan Rooi Rose se Kerstafel ‘n storie vertel het wat hy nooit sal vergeet nie.

Hy skryf in daardie jaar se Kersuitgawe van dié vrouetydskrif: Waarskynlik omdat ek die enigste derdejaarstudent was wat in my

18.11.13

Fotodag 12: Len se Pen weer doodreg

Len Lindeque is terug in Aucklandpark! Sy glimlag is nog net so breed soos altyd en sy "Hallo Baby" weerklink soggens net so gulhartig soos vanouds. En dit bewys dat hy volkome herstel het van sy onlangse en ernstige siekbed.

Februarie 1972
Len het onder meer 'n groot operasie ondergaan en daar is op een tydstip vir sy lewe gevrees.

15.11.13

Rugby se universele taal

PIET EBERSöHN skryf: Hulle (ingeligte waarnemers/betroubare bronne?) sê die liefde praat ’n universele taal. Daaroor kan ek nie saam praat nie, maar ek kan bevestig dat rugby wel ’n universele taal besig.

Op 8 November 1980 het die Franse rugbyspan van Jean-Pierre Rives op Loftus Versfeld in Pretoria teen die Springbokke gespeel en ver verloor, 37 – 15. Die somertoets noem hulle dit.

14.11.13

Ongerepte Bosveld was Lala se Wilde Weste

LALA WAHL skryf: Bennie Neethling se Bosveldstories voer my terug na my kinderjare op my oupa Eloff se plaas in die Baltimore/Tolwe-omgewing.

"Slang" was die naam van die plaas waar hy gewoon het en die ander twee was Schoemansdal en Matula.

13.11.13

Die dag toe ek vir Charlie help vang het

PEET SIMONIS skryf: Charlie die sjimpansee van Bloemfontein was/is waarskynlik die bekendste sjimpansee op aarde. As hy beloon sou word vir die plesier wat hy aan mense – veral kinders – verskaf het, is hy nou in ‘n hemel.

Dat hy sy rokie geniet het – kyk na die kostelike insetsel daaroor op die internet – sou nie teen hom gehou word nie.

12.11.13

Kosingwesi was eintlik Kozonguizi

HANS LOMBARD skryf: Ek verwys na die berig in K’rant, Kent gij dat volk, onder die naam van Johann Liebenberg, politieke redakteur van Die Vaderland, met verwysing na Johann se ontmoeting met Kosingwesi, sekretaris van SWAPO, tydens die Wêreldhof se uitspraak in Den Haag, wat saam met Johann Kent gij dat volk gesing het (lees hier). Net ‘n regstelling.

Die man se naam was Jariretundu Kozonguizi, president van SWANU (South West Africa National Union). Dit was ‘n opposisieparty van SWAPO van Sam Nujoma, wat die eerste swart president van Namibië geword het. Ek het altwee goed geken tydens my jare as joernalis in Londen.

Piet het Glenda se plaat

PIET ROOS skryf: Daardie advertensie in Kort en Goed was natuurlik C to C = Cape to Cairo-sigarette! (lees hier) As ek reg onthou.

11.11.13

Fotodag 11: Foto's uit 'n toegeplakte boks

JAPIE BOSCH skryf: Met die onlangse opruiming van my garage het ek op meegaande foto's in 'n ou toegeplakte boks afgekom -- almal uit die 1970's. Watse heerlike kyk en gesprek met myself was dit nie.

Nou wonder ek:  as ek sulke kwaliteitfoto's tussen my 'rommel' gekry het, dan moet daar seerseker nog garages van ander oud-kollegas wees waar versteekte Perskor-"skatte" is. 

8.11.13

Carl leer die vanselfsprekende waardeer

CARL NÖFFKE, destyds hoofredakteur van Die Transvaler, was een van diegene wat in 1971 aan Rooi Rose se Kerstafel ‘n storie vertel het wat hy nooit sal vergeet nie. Hy skryf in daardie jaar se Kersuitgawe van dié vrouetydskrif: Die skraal Australiër het skielik bewoë geraak en na die sitkamer se venster gestap. Buite het Parys wit van die sneeu gelê. Dit was Kersdag 1964. Toe

7.11.13

Stuur 'n storie aan 'n vriend met dié koevertjie


LITA KOTZÉ skryf vroeër dié week: Dankie vir K’rant wat elke oggend om 5:03 op my rekenaar afgelewer word -- ‘n paar oomblikke se lekker loop op vergange se paaie.

Nou wil ek net weet: ek het nou al my drie geleenthede ‘n sekere K’rant vir vriende aangestuur om die spesiefieke bydrae van die dag te lees. Het sopas die “Ouma Pulane”-storie weer aangestuur. Maar nou wonder ek as non-digitale-verstaner skielik: sal hulle op die kop kan kliek en sal dit oopmaak? Of moet hulle eers op K’rant ingeteken wees?
My oë is nog bietjie mistig van die storie, so sukkel steeds om die letters op die sleutelbord mooi raak te sien.


(Teen die agtergrond van Lita se vrae sal daar voortaan links onder elke storie in K'rant 'n klein koevertjie met 'n pyltjie daarop verskyn. Klik daarop, voltooi die vorm en stuur sodoende 'n epos met die skakel van die betrokke storie aan iemand. -- Red.)

Luislange was wesenlike gevaar

PIET EBERSöHN skryf: Bennie Neethling stuur foto’s van ‘n rits luislange wat in die destydse Noord-Transvaal doodgemaak is (lees hier) en al waaraan julle dink is die ontkleedanseres Glenda Kemp en haar mak luislang, Oupa.

Meegaande hoofberig uit Die Morester en Noord-Transvaler (wat later deel van die Perskorryk sou word) van 20 Junie 1958 toon egter dat luislange destyds ‘n wesenlike gevaar in die Bosveld ingehou het.

Glenda was ʼn ‘beat’ op sigselwers

PHILIP DEETLEFS skryf: Toe ek Jakkie Groenewald se stuk oor Glenda Kemp in K’rant lees, het ek onthou dat Glenda op 'n kol eintlik my "beat" was.

Ek onthou veral van gevalle waar sy op klein plattelandse dorpies haar trieks gedoen het, want dis waar die stories was. Die plaaslike bevolkings wou almal graag vir haar gaan kyk, maar die dorpies se sedebewakers het geglo die hele dorp en sy mense sal in die vagevuur verteer word as hulle hierdie "heks" op hul dorp toelaat. Dit was altyd lekker stories en ek en Glenda het mettertyd redelik goed bevriend geraak.

Maar Frans Scheepers se foto en sy vraag? Ek kan nie met eens 'n geringe sweempie van oneerlikheid sê ek onthou dit hoegenaamd nie. Ek moet darem ook byvoeg dat my geheue nie al hoe beter word nie.

Hier is Lee en Edmond Furter

EDMOND FURTER, gewese Transvaler-joernalis, skryf na aanleiding van Lita Kotzé se navraag oor die mense van Transvaler (sonder die Die) en Noord-Transvaler Metro: Lee Furter doen regswerk en
internasionale handelskontrakte vir Ruag in Switserland.

Ekself is die redakteur van Sheqafrica.com in Johannesburg.


6.11.13

Weduwees as roofdiere beskou

GERHARD BURGER het ná Jasper Schelleringhout se uittreksels uit Kort en Goed van November 1942 in sy eie boekrak gaan krap en op iets afgekom: Wat elke weduwee behoort te weet.

Dit was die treffende opskrif van ʼn artikel in Desember 1941 se uitgawe van Kort en Goed, ofte wel K en G.

5.11.13

Die dag toe die Swapoman ‘Kent gij dat volk’ saamsing

JOHANN S LIEBENBERG, destyds senior politieke skrywer van Die Vaderland, was een van diegene wat in 1971 aan Rooi Rose se Kerstafel ‘n storie vertel het wat hy nooit sal vergeet nie. Hy skryf in daardie jaar se Kersuitgawe van dié vrouetydskrif: Die Vrydagaand van 15 Julie 1966 was miserable en motreënerig. My gesin en skoonouers was op ons eerste vakansie in Europa, maar ek het in die kroeg van die Ambassador Hotel in Den Haag met die bestuurder staan en gesels toe

4.11.13

Fotodag 10: Jakkie ontmoet Mohammad Ali

JAKKIE GROENEWALD skryf: Ek sien die manne vra foto’s van my in Binnelanders. Daarvan het ek ongelukkig nie.

Ek skiet tans aan Pandjieswinkel van PG du Plessis en sal foto’s neem.

Hier is intussen een van my saam met Mohammad Ali toe hy SA in die jare negentig besoek het. Ek was in daardie stadium hoofbestuurder

1.11.13

Jasper snuffel ’n stukkie Africana uit

JASPER SCHELLINHERHOUT, oud-Vaderlandman (1974 – 1977) het bietjie in sy eie boekery gesnuffel en ‘n Kort en Goed-uitgawe van November 1942 opgediep en vir ons ‘n paar prikkelende goed daaruit gestuur. K’rant het ‘n tyd gelede juis melding gemaak van hierdie “Readers’ Digest”-soort tydskrif in Afrikaans wat in 1939 die lig gesien het as ‘n perdjie uit APB se stal.

Caps Roden se duikslag amuseer steeds

BENNIE NEETHLING skryf: In die laat jare vyftig was Potgietersrus se rugbyspan een van die beste plattelandse spanne in die land. Soos oraloor is daar maar aartsvyande op die rugbyveld. Só het Potties en Petersburg nie ooghare vir mekaar gehad nie.

Een Saterdag moes die spanne makaar die stryd aansê en ek moes oor die wedstryd berig.