Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

18.1.16

Die Vaderland voorspel sneeu vir die Laeveld

PIET ROOS skryf: Ons by Die Vaderland moes soggens die Weerburo skakel vir die voorspelling vir dag en aand.

So skakel ek mnr Van den Berg by die Buro.  Ek sê ek praat van Die Vaderland en wil graag die weervoorspelling kry.

"Hoekom vra jy my?", wil hy weet. "Gister skryf julle op die voorblad van sneeu in die Laeveld. Dis iets waarvan ons nie geweet het nie." 

En wragtag! Daar sneeu dit toe!"

Hoe dit gebeur het, wis ek nie. Daar op gister se voorblad staan in groot vet letters hulle verwag sneeu in die Laeveld. Leunis van Rooyen het die storie uitgekrap. En laat middag val daar toe sneeuvlokkies op die hoogste pieke!