Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

13.10.15

Die Kunstige Perskorhane

PIET ROOS skryf: Daar is hele swetterjoel kunstenaars, spotprenttekenaars en illustreerders wat bydraes gelewer het aan die Perskor-publikasies.

Ons dink altyd eerste aan Len, maar daar was manne soos Lou Henning, Jurko Jankovic, Dov Fedler, Andre de Beer.

Murray en Elzabe Schoonraad het 19 jaar lank navorsing gedoen en 'n ensiklopedie saamgestel van al die kunstenaars van 1900 tot so 1989. Murray is professor in Skone Kunste aan Tukkies en Elzabe het 'n DSc in Plantkunde en ek deel graag die inhoud met K´rant.

Die boek is deur AD. Donker uitgegee in 1989.

Dit is 'n omvattende boek en ryklik met prente geïllustreer. Lekker om so deur te blaai en te lees en dit maak my hartseer want ek sien en lees van baie mense wat ek geken het.

Die spotprenttekenaars het soms tong-in-die kies die toekoms reg voorspel. Hul grappe het werklik geword op die politieke vlak.