
Ons was lief vir Tom, hy was nie 'n baas nie, hy was 'n vriend of 'n broer. Ek het nooit swaarde gekruis met hom nie, want hy het jou altyd goed laat voel, jy wou graag iets vir hom doen.
Ek kan vandag baie bespiegel oor sy siekte en sekere voorstelle doen, maar dis verby. Soos my eie pa wat op 75 jaar dood is. Vandag besef ek die dokter was dom en het hom verkeerd behandel. Wat kan ek sê? (Piet is nou 'n apteker. -- Red.)