Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

31.7.13

Uitgevee

GERT BASSON skryf: Die prikkelende stories oor Marius Jooste in K’rant, het my laat dink aan ‘n voorval pas nadat Voortrekkerpers en die Afrikaanse Pers Bpk. saamgesmelt het om Perskor te word. Marius Jooste se stewige hand aan die stuur.

Ons Voortrekkers moes sak en pak van Braamfontein na Doornfontein verhuis – nuwe gebou, nuwe kollegas.

30.7.13

Johnny onslaan Hendrik en Sipke tegelyk

SIPKE DE VRIES skryf: Oorlede Andries Botha se verwysing na Danie Scholtz, die redakteur van Vleis/Meat, laat my terugdink aan die dag toe Hendrik Vorster en ek summier deur Johnny Johnson ontslaan is.

Hendrik was The Citizen se nuusredakteur en ek was assistent- nuusredakteur.

Wel te ruste, Andries

JOE VAN BUUREN skryf: Die gedenkdiens vir Andries Botha is Vrydag 12:00 by die NG Kerk Vergesig in Brixton gehou.

Buiten die groot getal gesins- en familielede, was daar ook ‘n stewige afvaardiging van Andries se eertydse kollegas teenwoordig. Onder hulle was Hermie Hendriks, Koos Botha, Sieg van Niekerk, André Scheepers, Piet Ebersöhn, Frik van der Walt en ek.

29.7.13

Andries Botha se oud-kollegas bring hulde

Andries Botha, immer-gewilde en joviale Perskor-joernalis is verlede Maandagoggend onverwags in sy slaap oorlede. Hieronder is huldeblyke van oud-kollegas.

Wyle Andries Botha en sy vrou, Elna, vroeër vanjaar by die Perskor-reünie.
Foto:  Peet Simonis.

My pa, Andries Botha

Lani Botha, wyle Andries Botha se dogter, het dié besonderhede verskaf.

Andries Jakob Botha (72) van Rooseveldt Park, Johannesburg, is in die vroeë oggendure van Maandag 22 Julie, 2013 in sy slaap oorlede. Gebore op 28 September 1940 te Steynsburg in die Oos-Kaap met Ronnie en Ana Botha as sy ouers, is hy op 17 Desember 1970 getroud met Elna Delport. Sy oorleef hom.

26.7.13

Superman en die tiekieboks

HESS CUMMING skryf:: Dis nie net slimfone wat 'n koerantman uit 'n penarie kan help nie - ek onthou hoe 'n "stukkende" tiekieboks sportskrywer, Johann de Beer se bas gered het.

Ná die Oggendblad-dae het ek Johann weer by die Pretoria News raakgeloop. Boks was Johann se forte en eendag moes hy 'n groot geveg in Johannesburg gaan dek. Ek is saam om 'n stoep te skryf.

25.7.13

Regstelling

Lani Botha, dogter van Andries Botha het laat weet:  "my pa is om 02:00 Maandagogend, 22 Julie 2013, in sy slaap oorlede (nie aan ‘n hartaanval nie, soos K'rant berig het nie.) Dis nes hy dit altyd wou gehad het. Hy het self oor enige navraag na iemand se dood gereeld geantwoord:  oorsaak: gebrek aan gesondheid. Hy het werklik salig, in my ma se arms en stil oorgetree".

K'rant vra verskoning vir die fout.

Koos du Plessis se koerantstreke

WIM VAN DER BERG skryf: As jy by ʼn weekblad werk wat laataand sak, moet jy maar so naastenby dieselfde opofferings maak as ʼn oggendkoerant se redaksielid, skryf Wim van den Berg.

Die bespreking van wat by dié uitgawe van die weekblad skeefgeloop het (of soms nié!) is immers ʼn manier om soortgelyke probleme in die toekoms te voorkom. En by die dagblad is die gewag vir die finale proef van die steen af maar altoos n langdurige proses – maar jou plig is

'n "Hippie" maak Jooste stil

PIET ROOS skryf: Wat 'n merkwaardige man was Marius Jooste! Hy het 'n "presence" gehad. As hy by 'n vertrek instap het hy oorgeneem.Eenkeer het ek hom sprakeloos gesien.

In die ou Aucklandparkse gebou het hy een middag in die gang by ons kantore op die vierde vloer rondgestap. In die deur van 'n kantoor het hy gaan staan.

Kieta van den Berg, skrywer Kas van den Berg se dogter, het ook in daardie kantoor gesit. Kieta was nogal 'n hippie. Sy was klein maar het hippie klere en lang los hare gehad.

24.7.13

MVJ op soek na waar David die wortel begrawe het …

Meegaande is die laaste storie wat ANDRIES BOTHA verlede week nog vir K'rant geskryf het.  
Hy is Maandagoggend, 22 Julie 2013, oorlede.

ANDRIES skryf: Ons Transvaler-manne was altyd op goeie voet met die manne van die Rooivleisbedryf. Danie Scholtz, wat nou op George woon, was hul segsman en redakteur van die tydskrif Vleis/Meat, vir wie ek gereeld geskryf het om op te maak vir die Krismishoenders (reg gespel) en ander Perskor-streke om ons op ons plek te hou – aan die onderpunt van die voedselketting.

Andries Botha: obituary by daughter, Lani Botha

Andries Jakob Botha, 72, of Roosevelt Park, passed away in his sleep during the early hours of Monday, July 22, 2013. Born September 28, 1940 in Steynsburg, Eastern Cape, to Ronnie and Ana Botha, Andries married Elna Delport on December 17, 1970 and she survives.

Also surviving are his daughters Lani Botha, Anita Stohr and Elmi Botha of Johannesburg; son-in-law Robert Stohr; six grandchildren Kyle, Anja, Ruben, Jani, Zandre and Leia; one sister Nellie van Straaten; two brothers Hennie and Sito Botha; as well as several nephews and cousins. Andries’ elder brother, Vic Botha, preceded him in death.

23.7.13

Andries Botha oorlede: gedenkdiens Vrydag, 26 Junie om 12:00, Brixton


ANDRIES BOTHA, eks-Die Transvaler en -Die Vaderland, is gisteroggend (Maandag 22 Junie) om 02:00 in die huis waar hy en sy vrou, Elna, by hul dogter in Rooseveltpark, Johannesburg gewoon het, in sy slaap oorlede.

Andries was een van K'rant se redakteurs en 'n staatmaker-bydraer van stories.

'n Gedenkdiens vir Andries word Vrydag, 26 Julie 2013, om 12:00 in die NG Kerk,Vergesig, Putneyweg, Brixton, Johananesburg gehou.

'n  Berig oor hoe se kollegas hom onthou, volg mettertyd.

Die wraak van Rooi Hans en die haker

PIET EBERSöHN skryf: Toe Herman le Roux vertel van die Engelse koerantman wat deur Wollie Wolmarans “Rockspider” gedoop is, dwing my gedagtes terug na my kortstondige rugbyloopbaan in die laer ligas van die toentertydse Transvaalse Rugbyunie.

22.7.13

Viljoenskroon verloor sy glorie

WILMA DEETLEFS skryf: In die dae voordat ek, Philip Deetlefs en Piet Ebersohn saam ‘n huis in Westdene gehuur het, het ons en ook Frans Scheepers, almal ons eie woonstelletjies in Suncliff Terrace in Troyville gehad. Ons het ook al drie daardie tyd by Die Transvaler gewerk. Dit was eers later wat Piet by the Transvaalse Landbou-unie aangesluit het, Philip Sake-Beeld toe is en Frans sy kragte agter die SAUK gegooi het. Ek het alleen by Die Transvaler agtergebly.

Andries Botha se wildsvleis-resepteboek



19.7.13

André de Kock, die doodsveragtende uitdager

GERT COETZEE skryf: Ek kry so ’n week of wat gelede ’n boodskap van ’n verlangse kennis: Kyk gou nuus op SABC3; André de Kock het weer ’n wêreldrekord opgestel vir deur ’n vuurtonnel jaag. Op dié tydstip is ek ná (akuut) werk op pad huis toe in die blitsbus na Blouberg en ek mis die bulletin. Maar op die bus loop die gedagtes altyd flink, anders verveel jy jou daai 35 minute vrek.

18.7.13

Ons is hartseer weg uit Albuquerque

CARL KÖHLER, boksskrywer en voormalige assistent-sportredakteur van Die Vaderland, het in Augustus 1973 in Perskorhaan van sy besoek aan Albuquerque, VSA vertel toe Pierre Fourie teen Bob Foster om die wêreld se ligswaargewigtitel geveg het.

Voor ons aankoms in Albuquerque, was ek, Pierre Fourie, Alan Toweel
en Rory Brown van die Rand Daily Mail maar taamlik skrikkerig.

Ons was die eerste groep Suid-Afrikaners wat hier voet aan wal gesit het hoewel ons besef het dat minstens nog vier sportskrywers, twee omroepers en minstens 'n honderd ondersteuners later sou opdaag.

17.7.13

Só maak mens ... met Wildsvleis

‘n Boek oor wildsvleisresepte wat die smaakkliere tot in die Ou Testament prikkel, het pas uit die pen van Andries Botha en Willem Krog, bekende skrywer-advokaat, verskyn.

Daar is tans ‘n oplewing in die mark vir wildsvleis, wat gestimuleer word deur ‘n landwye veldtog van Wildlife Ranching SA (WRSA), die verteenwoordigende liggaam van Suid-Afrika se sowat 12 000

16.7.13

Hannes se kulkunsie sorg vir scoopfoto’s

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Joe van Buuren het ‘n rukkie gelede in K’rant berig oor die wonderwêreld van hedendaagse slimfone en hoe dit joernaliste se lewe vergemaklik. Jare gelede het die polisie maklik op ‘n kamera beslag gelê om te voorkom dat ‘n foto in die koerant verskyn. Deesdae kan enigeen foto’s, beeldmateriaal en klank op ‘n selfoon afneem en kantoor toe stuur voordat iemand kan inmeng. ‘n Regering kan ontken dat rebelle ‘n helikopter afgeskiet het soos in

15.7.13

'n Nuwe beeld vir Charl

CHARL THOM skryf: Andries Botha se storie oor sy gesels met Dot Kruger het my eie gedagtes laat teruggaan na van my eie ervarings met die formidabele MVJ. Hy was inderdaad 'larger than life' soos die gesegde lui.

Een episode het plaasgevind rondom die tyd toe hy met die Hyman-broers in gesprek was oor Perskor se oorname van Repubkikeinse

Reaksie op Peet Simonis se berig op MV Jooste

WILLIE BUYS skryf: Ek wou eintlik al vroeër ‘n brief geskryf in reaksie op Peet Simonis se puik artikel waarin hy met ooglopende bewondering vertel van die positiewe kant van mnr. Marius Jooste as mens én sakeman wat ‘n magtige mediaryk opgebou het uit feitlik niks.

Nou, ek was een van die mense wat taamlik oningelig was oor die blink kant van Jooste want hy was nie eintlik ‘n toeganklike man nie. En, soos Simonis dit gestel het, mense was bang vir hom omdat hy so ‘n eksentrieke en reguit persoonlikheid gehad het. Soos een van sy lofswaaiers dit gestel het, as hy in ‘n vertrek was, was almal bewus van sy aura. Ongelukkig lei laasgenoemde daartoe dat net die sappig-omstrede kant van sy lewe en optredes so ongeërgd en traak-my-nie-agtig aan sy persona gekleef het.

12.7.13

Marius Jooste had ook ’n sagter sy

PEET SIMONIS skryf: Die laaste tien jaar van sy lewe het ek nie meer kontak gehad met “oom Marius” oftewel mnr MV Jooste, besturende direkteur (destyds) van Die Afrikaanse Pers (1962) Beperk nie. Tussen die reëls deur uit die geskrifte van ander kollegas in K’rant, lei ek af dat hy daardie laaste jare nie so goed “regeer” het nie en party van hulle het nie van hom gehou nie.

11.7.13

Marius Jooste, ongenaakbaar – en broos

ANDRIES BOTHA het onlangs met Dot Kruger, jare lange persoonlike assistent van Perskor-grootbaas Marius Jooste gaan gesels. Hy berig: Abrup. Kortgebakerd. Onvoorspelbaar. Kolossaal. Tog soms ongelooflik broos en kwesbaar.

Dis hoe Dot Kruger Marius Jooste onthou “as ‘n man soos Marius Jooste in 'n paar woorde opgesom kan word”.

10.7.13

As die hoogste sport nie vergenoeg nie

JOE VAN BUUREN skryf: Ons hier in Suid-Afrika is maar ver van die res van die wêreld, maar so elke dan en wan sit daar ‘n buitelander hier voet aan wal wat dan sommer vir baie skindernuus sorg.

Een van dié mense was dr Mario Chiavelli, die Italiaanse miljoenêr van Summer Place-faam.

9.7.13

‘Ek kan Wollie sien wuif’

ANDRIES BOTHA skryf oor Herman le Roux se artikel oor wyle Gert (Wollie) Wolmarans (lees hier): Wat ‘n pragtige storie! Ek kan Wollie al daar van die vliegtuig af vir die skare sien wuif. In die laat jare sestig was hy by DT as ‘n skakelman wat top-staatsamptenare moes bearbei vir DT. Hy het onder meer deur sy skakeling met Lang Hendrik van den Bergh gesorg dat Abel Jones die wêreldscoopfoto gekry het toe Bram Fischer in Corlettrylaan, nie ver van die Wanderersklub af nie, waar hy

8.7.13

Herinneringe van Piet Roos, sportskrywer

PIET ROOS skryf: Gerhard Burger se storie het my teruggevat Aucklandpark in Johannesburg toe.

Ek was nog 'n vars verslaggewer toe Gerhard een dag by my kom staan en sê:

"Wil jy nie bietjie in die sportkantoor kom skryf nie? Dis voor jou gewone werk."

En daar is ek in die sportkantoor om meestal vertalings te doen.

My ondervinding van sport was, behalwe perskes steel, hoofsaaklik tennis en ek het geluister hoe my pa-hulle rugby oor die radio luister.

Ander media het beter betaal

SIPKE DE VRIES skryf: Ja, ek lees ook daardie stukkie van oorlede Frans.

Ek moet sê dat die salaris daar aangedui bra power was en na my mening nie kon vergelyk word met Johannesburgse mediasalarisse oor die algemeen nie.

Ek was daardie tyd 'n hoofsub by die SAUK en het meer as dubbel dié salaris verdien. Ook het, wat destyds beskou is as die 'verdomde Ingelse pers', heelwat meer betaal. Die Star was die swakste betalende van die Engelstalige Johannesburgse koerante, maar steeds beter as Die Tranvaler en DieVaderland.

5.7.13

Wollie maak sy verskyning voor die Leeus

HERMAN LE ROUX skryf: Dis Saterdag, 19 Mei 1962. Op die lughawe van Salisbury, nou Harare, wag ek en ‘n stuk of tien joernaliste saam met ‘n paar rugbybeamptes en ‘n groepie rugbyondersteuners op die aankoms van die toerspan van die Britse Leeus.

Die vliegtuig het neergestryk en die voorste deur word oopgemaak. Ons wonder wie eerste gaan uitstap - die bestuurder, kommandeur

4.7.13

Bierplesier om die koffietafel

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Ooggetuies is meestal nie geloofwaardig as daar ‘n kamera in die omgewing is nie. Mense wat net die slag van ‘n noodlottige botsing gehoor het, wurm maklik voor die kameraman in en ‘n afleiding word ‘n ooggetuieverslag. Die Vaderland se fotograwe sou ‘n groepfoto van die vertellers neem en sodra die ware ooggetuie uitgeken is, sou hulle eenkant ‘n foto van dié neem. Dis egter nie net sogenaamde ooggetuies wat op die foto in die koerant

3.7.13

Die vingers halfslyt, maar die joernalistiek verslaaf nog

JOAN KRUGER, onder meer gewese joernalis by Die Vaderland, tydskrifredakteur van die Transvaler en redakteur van Rooi Rose, skryf: Op versoek van K’rant, so ietsie oor wat sedert Perskor in my lewe gebeur het.

Die vingers mag al halfslyt wees, maar in die gees is ek steeds die joernalis wat vars van die plaas (en Potch was ook maar plaas) meer as

2.7.13

Jaap help ’n boemelaar rehabiliteer

PIERRE COETZEE het in Oktober 1972 in Perskorhaan vertel van ‘n tipiese Jaap Swanepoel-storie in Die Vaderland. Die storie se aanloop is ietwat geredigeer:

"Hierdie storie is nog beter as my eerste storie oor Johannesburg se boemelaars. Ek het nou die hoofboemelaar ontdek, met die weligste
baard.

Hy was op sy dag 'n groot kokkedoor. Hoofkok op die Bloutrein. Kok in die Parlementshuis."

1.7.13

Aksiefoto? Aikona!

PIET EBERSöHN skryf: Philip Deetlefs se storie oor die polisierugby in Johannesburg herinner my toe aan ‘n polisieman wat saam met my in die geslote liga by Oostelike in Pretoria gespeel het. Dit was ‘n liga waar kantoorspanne teen mekaar gespeel het sonder om te oefen. Dis meesal die “sosiale liga” genoem, maar behalwe die kuiers na die wedstryde was daar niks sosiaals aan nie.