Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

16.10.13

Betroubare beriggewing help geskiedenis skryf

AMANDA BOTHA skryf: Wat vir my veral groot vreugde verskaf het, was dat my notas en sekere berigte kon help om ‘n deeltjie van die politieke geskiedenis van die 1970’s en 1980’s aan te teken in die eerste twee boeke van die oudpolitikus, Japie Basson.

In 2000 het Jan Heunis my gevra om saam met hom te

15.10.13

Willem de Klerk-legger gee Gert nuwe lewensin

GERT COETZEE skryf: Ek was agt toe ons Krugersdorp toe trek. Ons was in die Dopperkerk agter die dam en standbeelde, oorkant die koshuis van die Hoërskool Monument, en ons predikant was doktor Willem de Klerk.

Hy het die slag gehad om vir jou spesifiek te preek, of jy agt of tagtig was. Nie vuur, swael of ’n outestamentiese, ewige verdoemenis nie.

14.10.13

Fotodag 7: Conception, waar die pad 'n duinesee is

PHILIP DEETLEFS skryf: So sewe jaar gelede het ek saam met Nic Kruger en 'n klomp ander vriende van die Republiek die sandpad aangepak al langs die see van Walvisbaai na Conception Baai. Conceptionbaai is so halfpad af na Luderitz, maar daar is nie 'n pad nie. Jy moet oor die duinesee ry.

Saam met ons was onder andere oorlede oom Hennie Kotze se seun MG

11.10.13

Julle moes sy gesig sien

Hanekraai, personeelblad van die APB, het in Julie 1970  soos volg berig:


Johann Liebenberg
Willie Havenga
JOHANN LIEBENBERG, Die Vaderland se politieke korrespondent, en fotograaf WILLIE HAVENGA was toe oorsee -- en dit nogal saam met die Eerste Minister, mnr. John Vorster, en dié se geselskap.

Vir Johan was dit nou nie juis 'n snaaksigheid om hom anderkant die groot blouwater te begeef nie, want hy

10.10.13

Groter of kleiner

Navrae is al ontvang oor die grootte van K’rant en die vertoning daarvan op ‘n rekenaarskerm. Die belangrikste vraag is of die letters groter gemaak kan word.

Die antwoord is: ja. Druk en hou die “control-”knoppie (Ctrl, links onder op die sleutelbord) in en druk terselfdertyd die “+” of “-“ knoppie. Die inhoud op die skerm sal onderskeidelik groter of kleiner word. Die werk met enige webtuiste.

Hans fnuik die veiligheidspolisie

Add caption
HANS LOMBARD skryf: Ná my artikels oor my wedervaringe agter die Ystergordyn en Moskou verneem Peet Simonis of die veiligheidspolisie my nie wou skep met my terugkeer nie. (Net terloops, Peet, ek is Lombard en nie Lombaard nie, asseblief.)

Nee, voor my vertrek moes my paspoort op spesiale versoek deur Buitelandse Sake geëndosseer word dat ek magtiging het om die

9.10.13

Winste van die sypaadjie-joernalis: dis wát jy optel

AMANDA BOTHA skryf: Nou en dan kry ek die geleentheid om te besin oor my loopbaan in die joernalistiek wat oor vier dekades loop. ‘n Loopbaan wat verskeie systraatjies bewandel het, maar altyd gewortel was in dissipline van die joernalistiek. As ek terugkyk – en soms die geleentheid kry om bestek op te neem, is ek so dankbaar vir die voorreg om in so ‘n beroep te kon staan.

8.10.13

Bietjie-bietjies, maar kort-kort

Die koevert hieronder het verlede week vir die eerste keer onder elke storie in K'rant verskyn.  Die idee is dat lesers met een klik by 'n epos-skerm uitkom waardeur hulle 'n brief aan 'n redakteur van K'rant kan stuur.

Lala Wahl het die voortou geneem en gou-gou drie briewe gestuur.  Kortetjies.  Dis wat ons vra.  Bietjies-bietjies,  maar kort-kort en kort, kort.  Dit

Genade, die genot!

LALA WAHL skryf: Genade, dit is tog so genotvol en meestal komies om na ons ou koerantjare teruggevoer te word!

ssie, dankie vir die herinnering aan die "Alewyn-bedanking". Ek het nooit die hele relaas gehoor nie, al het Wyn nog soms by ons in Kemptonpark kom kuier.

'n Segding van hom, ook net ná een OBS te veel, wat my steeds laat skater, was "my sussie is so vrugbaar, as jy haar groottoon afsny, groei dit dadelik weer aan".

Hier’s Alwyn en Garies

JOE VAN BUUREN skryf: Ek sien Johann “Essie” Esterhuizen vra waar Alwyn Strydom hom deesdae bevind.

Alwyn het met die verloop van tyd die joernalstiek verlaat en hom in die invoer/uitvoer -bedryf gevestig. Hy het intussen die tuig neergelê en woon tans op Kemptonpark.

Andries “Garies” van Zyl het ook in die jongste tyd ‘n paar keer in K’rant gepryk, al het hy nooit by Perskor gewerk nie.

Dis spesiaal!

LALA WAHL skryf: Bennie Neethling se fotoversameling (klik HIER) is nou wraggies spesiaal en kosbaar!

Dis so jammer dat ons nie 'n groot uitstalling kon hou met almal en veral ook fotograwe soos Nardus Nel, Wessel Oosthuizen en ander se werk nie.

Ek het 'n vermoede dat Joe Venter ook 'n lang-vertel-fotoversameling kan hê!

Hoera vir die nuwe kode

LALA WAHL skryf met verwysing na Perskorhaan se hempdagstorie (lees HIER): Gits, ek is bly dié gewoonte was lánk voor my tyd! Die dasse sou my gewurg het en laat voel het of ek op die skoolbanke sit! Hoerá vir die verslapping in die werksdragkode!

Ou Vaderlandberigte gevra

ELOISE PIETERSE van Pretoria skryf: Ek het op julle webtuiste afgekom, want ek soek ‘n spesiale geskenk vir my pa, Johann Pieterse, destydse verslaggewer in die sportafdeling. Hy het onder andere fietsry vir Die Vaderland gedek. Hy bly steeds in Pretoria en werk as die maatskappysekretaris vir die JD Group. Ek dink hy mis elke dag nog die koerantdae.

7.10.13

Fotodag 6: ’n Onverwagte uitklophou, luislange en oudstryders

BENNIE NEETHLINGH skryf: Die bokstoneel in die middel is ‘n foto wat ek in die vroeë jare sestig in Pretoria vir Die Transvaler geneem het. Dit was die universiteitsbokskampioenskap en die hoofgeveg van die aand.

Neil Steyn was DT se verslaggewer en ek die fotograaf. Neil het vir my gesê om maar reg te staan, want Botha, van die Universiteit van die

4.10.13

Vrydag is hempdag

'n Advertensieman van Die Vaderland sal liewer op 'n Vrydag stokkiesdraai of siekspeel as om met 'n wit hemp werk toe te kom. Want Vrydag is Hempdag.

Loer gerus na die manne op 'n Vrydag. Die een se hemp is bonter as die volgende ou se Josefskleed. Dit wissel van "shocking pink" tot

Hans verras Rika in Luanda

RIKA VAN GRAAN skryf: Dis met weemoed dat ek Hans Lombard se stories gelees het. Dit het my onwillekeurig laat terugdink aan my vriendskap met hom 1972. ’n Ware en beter vriend kon geen mens voor vra nie!

Toe Marius Jooste besluit het om my Engeland toe te stuur vir mediese ondersoeke by Newcastle-on-Tyne was dit Hans wat my bearbei het

3.10.13

Donkie kos Joe sy baadjie en das

JOE VAN BUUREN skryf: André van der Merwe se voortydige dood het my herinner aan die tyd toe ek en hy saam oor ‘n storie verslag gedoen het.

Twee Suid-Afrikaanse weermaglede is daarvan aangekla dat hulle ‘n meisie van Botswana verkrag en vermoor het.

2.10.13

The wrong magazine was closed

In Part 1, SUZANNE BRENNER related the background to her appointment as editor of DARLING and the uproar that ensued. Accepting the position on condition she could move the magazine to Johannesburg, it came at a price she’d not really given much thought to. For some it might have been a slight inconvenience, but for Suzanne it meant overcoming a real phobia – her fear of flying.

1.10.13

Alwyn se unieke bedanking

JOHAN ESTERHUIZEN skryf: Lala se foto's van Alwyn Strydom se afskeid (wat ek jammer is ek het gemis as ek so daarna kyk) het my laat terugdink aan iets wat Alwyn gedoen het wat (waarskynlik) nog nooit in die geskiedenis van die wêreld geëwenaar is nie.

Hier is dit: Alwyn het sy bedanking as sportskrywer van Die Transvaler op Vegkop se kroeg se toonbank op 'n paar velletjies toiletpapier geskryf!

30.9.13

Fotodag 5: ABJ en sporthelde

WYLE ANDRÉ (ABJ) PIENAAR se neef JACO HENNING het vir K'rant 'n klompie foto's gestuur waarop sy oom verskyn.

As sportskrywer het ABJ onder meer oor fietsry en boks berig. Hy het ook 'n jeugboek oor boks geskryf. Die eerste van die foto's is saam met sportmanne oor wie se doen en later hy gerapporteer het.