Feitlik elke jaar in Mei pak George Jacoby op en vertrek na die Krugerwildtuin. Daar sal hy vir ure die diere se bewegings dophou en foto's van alle hoeke af neem.
April 1973 |
En as hy hulle opgespoor het, sit hy vir ure en kyk wat hulle doen. Hy skryf ook omtrent alles neer. "Anders
vergeet 'n mens," sê hy.
So geduldig soos Job is oom Jacob as hy die foto's neem. "'n Mens kan mos nie vir 'n dier sê, staan só of só, lig jou oor op of draai 'n bietjie skuins nie." Daarom neem hy talle foto's van dieselfde dier in verskillende posisies. Dié foto's kombineer hy dan om die skets te maak wat hy in gedagte het.
In die proses het oom Jacob 'n groot dierekenner geword.
Hy is in Hongarye gebore, maar het in Tsjeggo-Slowakye groot geword.
"Toe ek in Suid-Afrika kom, het ek net van katte, honde, koeie en hoenders geweet. Maar nou weet ek darem heelwat meer."
Om 'n goeie agtergrond vir sy skilderye te kry, ry oom Jacob myle en myle totdat hy op die regte plek afkom. Daar sal hy weer foto's van die bosse neem. Vir sommige skilderye gebruik hy tot agt foto's om te kry wat hy wil hê.
Hy sê hy hou die meeste daarvan om diere te skilder, hoewel hy dikwels ook ander soorte skilderye aanpak.
"Diere is nie snobiste nie en ook nie gesofistikeerd nie. Dis hoekom ek verkies om met hulle te werk."
Sy werke verkoop soos soetkoek. By een geleentheid het hy 'n Amerikaanse regsgeleerde in die wlldtuin raakgeloop. Dié was baie beïndruk met een van oom Jacob se olifante. Later het hulle mekaar in Johannesburg ontmoet. Die Amerfkaner het oom Jacob se werke met 'n kennersoog bestudeer. Daar en dan het hy 3 000 dollar (destyds sowat R2 200 – Red.) vir een van die olifant-skilderye aangebied.
"Ek het amper van die stoel af geval toe die Yank dié bedrag noem. Die transaksie is onmiddellik afgehandel.
"Maar sê vir die mense dit is nie die normale prys wat ek vra nie. Alles hang af van die grootte. As daar mense is wat belangstel, is hulle "welkom om te kom kyk."
• Volgende maand (Mei 1973) is oom Jacob weer in die wildtuin. Hy sê hy gaan altyd in Mei net ná die skoolvakansie. Dan is daar minder kinders as bobbejane, "want ek verkies om alleen en sonder steurnisse na die diere te kyk”.