WIE van julle het vir John du Toit, gewese sportredakteur van Die Transvaler geken? Antwoord gou voor jy verder lees.
Het jy hom geken?
Ja? Nee? As jy hom geken het, is jy nie meer nie, want John is nog!
Sy mooie, vriendelike „boervrouˮ Colleen ook.
Van ons saam by die reünie aan ’n tafel gesit het, het ek geweet ek wil nog vir John-hulle gaan kuier op hul landgoed suid van Johannesburg.
Regs: John du Toit (regs agter) tydens ‘n reünie ‘n paar jaar gelede by Markspark. Saam met hom is Joe Venter en wyle oom Sporie van Rensburg. Voor sit Kitty Vermaak en Phillippa Breytenbach. Salomé Odendaal het die foto geneem.
Met dié dat daar nou so ’n opflikkering by die Bokke is, het my gedagtes weer skerp na John gedraai. Hy kon darem ’n storie lekker vasvat.
Ek wonder of vandag se sportskrywers van dieselfde stoffasie is as oudae s’n.
Vanmelewe het die spelers na hul breiers EN die sportskrywers geluister.
Vandag?
Miskien is dit omdat sportskrywers nie altyd eerstehandse speelervaring het van die spele waaroor hulle skryf nie.
Is dit altyd nodig?
Goeie vraag!
Wat eersteHANDSE ervaring in ’n fisieke sin betref, het John bietjie van ’n terugslag gehad – deel van sy linkerhand (hele pinkie) is weggeskiet tydens ’n springhaasjag. Sy regterhand ’‘n dokter naby nie en die volgende dag moes hy ’n groot wedstryd speel – toe gooi hy maar ’n bietjie jodium op en werk sommer self die vinger vas met ’n naald en gare!! Hy het hom verder vasgetrek met ’n breë pleister van daardie outydse sort. My oorle ma het satanspleister daarvoor gesê omdat dit so kon klou.
Op die plek waar hy gespeel het – agsteman – kan die meeste ouens se ore dit nie hou nie, laat staan nog so ’n hand! Kort voor lank het die bloed geloop. So erg dat John toe daardie laaste spogdrie laat misluk het – by die doellyn het die bal eenvoudig uit sy gladde, bebloede hande gegly!
Julle sê julle ken vir John?
John du Toit in sy rugbydae. |
Praat van eerstehandse praktiese kennis van rugby!
Die manne het vanmelewe nie skrumpette gedra soos vandag nie.
Miskien weet al die Perskor-henne nie waar ‘n agsteman oral sy kop indruk nie.
Al wat ek vir julle kan sê is om jul koppe daar uit te hou?
Dis tussen twee fris, drukkende, beurende slotte se boude (gelukkig buiteboude) dat hy telkens sy kop in die skrum moet indruk.
En dis waar baie agstemanne hul ore verloor, want hy pluk sy kop uit die skrum sodra die bal uitgaan. Dit terwyl die slotte se boomstambene dikwels nog saamgebind is soos twee trokke op Spoornet se rangeerwerf.
Dikwels na oefeninge was John se ore so opgepof van die gebarste bloedvate binne, dat hy na „buite-pasiënte” by die hospitaal moes gaan dat hulle die bloed uittrek. Later het dit eenvoudig te veel moeite geword. John het nie meer hospital toe gegaan nie en die bloedsakke binne-in het vlees geword en in „blomkool-ore” verander soos die ou mense dit bestempel het.
John se Colleen se ouma het nooit geweet dis in die rugbyskrum dat sy ore so saamgepers en opgefrommel word dat hulle later sommer so bly staan nie. Sy’t altyd gedink John is maar met sulke droëperske-ore gebore.
Toe John en Colleen se dogtertjie gebore is, het ouma dus eerste besorgd na die oortjies gekyk. Sy het ‘n sug van verligting geslaak: „Ag dankie tog, liewe Heer dat sy nie haar pa se ore geërf het nie!”
Op een van die ou spanfoto’s sien ons ook vir Eschel Rhoodie. Onthou julle hom, i.v.m. die „inligtingskandaal!?” (Kan jy glo dat hulle dit destyds ‘n skandaal genoem het. Wonder of dit vandag ‘n enkelkolom op bladsy 3 sou haal?) In elk geval – Eschel het ook op sy dag vir Transvaal gespeel.
Okey Geffin |
Jaap Bekker, Noord-Transvaalse voorryman met die dik nek het destyds ook vir die koerant gewerk!
John sê dis waar dat hy met yslike klippe om sy nek op die plaas geoefen het om daardie nek so sterk soos ’n bees s’n te kry.
John het nie lank by DV gebly nie, toe is hy na Die Transvaler toe. As hy vir julle party dae in die koerant se gange so ’n bietjie stuurs en haastig gelyk het, was dit omdat hy ook die sorge van boer wees gedra het. Sy oggend het dikwels eenuur (’n uur na middernag) begin wanneer hy sy koeie begin wakker maak het om hulle te melk. Teen vyfuur soggens was hy en sy helpers klaar en dan ander plaas toe vir nog van dieselfde. Dit was eers heelwat later in die dag dat die koerant aan die beurt gekom het. Dan party dae nog rugbyoefeninge ook.
Dis natuurlik moeilik om nog objektief te wees as jy rugby skryf EN speel. So is John op eie versoek ’n ruk lank subkantoor toe tot sy aktiewe rugbydae verby was. Vir sy moeitevolle arbeid het Die Transvaler se gewese sportredakteur darem ’n spogplasie by Eikenhof om te wys. Daar staan drie oulike huise op die landgoed. Twee word verhuur en in die derde, die grootste een, woon hy en Colleen.
Die boerboele lyk gevaarlik, maar hulle is net so vriendelik soos oubaas en ounooi. Vergeet die koerantman-etiket. Hulle is regte boeremense waar jy nie wegkom voor jy nie lekker oor ‘n koppie koffie gesels het nie. John was ’n paar keer met toerspanne oorsee.
John en Colleen du Toit. |
Of John en Colleen dalk ‘n fout gemaak het om nie te gaan nie? Ons sit in die ruim sitkamer en koffie drink en ons eet Colleen se vars plaatkoekies met lekker appelkooskonfyt op. Dit is ’n oomblik stil.
Skielik gaan die alarm met ‘n skril geskel af. Ons wip soos ons skrik. Hulle spring op. Colleen gaan kyk dié kant en John daardie kant. Nee, toemaar, dis net een van die perde wat teen die elektiese heining gestamp het!’ sê John toe hy terugkom.
“Dis nou maar van vandag se plase – ons moet reg wees vir enigiets!” Ek het maar nie weer oor Nieu-Seeland gevra nie.