Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

4.5.15

Kolskoot-foto van Perskor-man

GERHARD BURGER was nie net een van Suid-Afrika se beste sportredakteurs en ‘n knap redakteur van Transvaler nie. Hy het ook ‘n aanvoeling vir militêre bedrywighede.

Die Queen Mary 2 het onlangs by Port Elizabeth, waar Gerhard woon, aangedoen.By Fort Frederick het hy onderstaande bedreiging vir die Britse seevaarders raakgeloop en sy kamera uitgehaal. ‘n Mens weet nooit wat kon gebeur het nie en dan het hy “scoop”-foto's soos min gehad.

Toe K’rant Gerhard se toestemming gevra het om die foto te gebruik, was sy antwoord: “Weet nie watter verskoning jy gaan uitdink om dit te misbruik nie, maar gaan voort, solank jy my nie belaster nie.”

Ons het nie ‘n verskoning nie, Gerhard. Ons dink dis ‘n dêm slim foto wat jou oudkollegas sal waardeer.

Die foto het op http://portelizabethdailyphoto.blogspot.com/ verskyn. -- JB