Ek was destyds ('n ruk nadat ek by Landstem gewerk het) skakelbeampte vir Rhodes-universiteit en ook 'n korrespondent vir 'n paar Britse koerante.
Een van hulle het my laat weet van Callaghan se besoek en ek is toe vinnig van Grahamstad na Port Elizabeth.

Die meeste van die teenwoordigers by die konferensie was eintlik nuuskierige vakansiegangers. Een tannie het baie foto‘s met haar Kodak Instamatic geneem. Ek vra toe watter koerant sy verteenwoordig. "Nee, ons is net met vakansie en het sommer bietjie kom inloer," antwoord sy. (Verskoon enige foute met die Afrikaans -- na 36 jaar in Australië is dit ‘n bietjie verroes.)