Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

4.2.15

Lekker verrassing van Johann en Anina!

HANLIE VORNBERG-SWANEPOEL skryf: Dit was ´n verrassing om onlangs van Anina Roux en Johann Britz te hoor. Ek en Anina was `n ruk lank vriende en sy het vir my en Richard dikwels in haar woonstel in Linden vir ete genooi. Sy kon lekker kosmaak en het dit baie stylvol opgedis. Dit was lekker om by haar te kuier.

Johann was een van my kollegas by die joernalisteskool en sy ma was so gaaf en het ons almal een Sondag vir ete genooi. Die meeste van ons was ver van die huis af en dit was gesellig om by mevrou Britz lekker boerekos te gaan eet.

Anina Roux
Johan Britz
Ek het onlangs `n swart-wit foto ontdek wat Anina geneem het. Dit was tydens `n aandete in haar woonstel en haar twee Siamese katte het op my man, Richard, geklim terwyl hy met ons dogter Birgit op die mat gespeel het. Hy is allergies vir katte en is later met rooi en tranende oe huis toe.

Ek het gewonder of Anina nog die foto hieronder onthou?

Weet Johann dalk wat van Nicolene Strydom, Molly Geyser en Harry van den Berg geword het?

Hulle was ook saam met ons in die joernalisteskool en het tot dusver nog nie by K´rant opgedaag nie.

Richard, Hanlie se man, besig om ´katgriep´ te kry.