Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

6.12.13

Heugelikste sending Alaska toe

PHILIP DEETLEFS skryf: Piet Ebersöhn se storie oor sy eerste “trip” het my herinner aan een van die heuglikste trips wat ek as koerantman gehad het toe ek destyds op my drie-jaar lange “trip” Londen toe is vir die Perskorgroep.

In daardie jare was British Petroleum (BP) besig om die oliepyplyn van Prudoe Bay in die heel noorde van Alaska en reeds in die Arktiese

5.12.13

Landstem het wolf van deur gehou

CHARL THOM skryf: Verwysings hier en daar in K'rant-stories na die ou Landstem vervul my met nostalgiese herinneringe. Trouens, dis die einste ou Landstem wat daarvoor gesorg het dat ek as groentjie in die joernalistiek nie honger gely het nie,

Ek was destyds in my eerste werk by die SAUK as junior verslaggewer en baie rou toe ek met 'n baie karige salaris siel en liggaam aanmekaar

4.12.13

Samevoeging van Sondagkoerante en duur Switserse wekkers

WILLIE BUYS skryf: Die berig uit Hanekraai deur Johan Vosloo oor die amalgamasie van die Afrikaanse Sondagkoerante, Die Beeld (Naspers) en Dagbreek (Afrikaanse Pers Bpk), het heelwat herinneringe uit my geheue-argief  losgemaak. Ek weet ook ‘n ietsie daarvan want ek was as ‘n joernalis en kollega van hom en die fraaie Lucia Gomes, wat ook ‘n Hanekraai-bydrae gelewer het, ten nouste op voetsoolvlak deel van die intense redaksionele stryd tussen die twee grootste Afikaanse

3.12.13

Diesulkes begrawe ʼn mens nie

THIJS NEL, voormalige kunsredakteur van Die Vaderland en internasionaal bekende kunstenaar, skryf: Frikkie van der Walt se woes-ry-storie het my aan Hendrikus van der Walt herinner ... een van die stil en waarskynlik heel vergete prinse in die drukkery toentertyd (in my tyd) by Perskor in Aucklandpark.

Ek gebruik nie die woord ‘wyle’ nie want vir my gaan niemand dood

2.12.13

ABsoluut DOL oor Abdol

LEN LINDEQUE, het in 1974 dié pragskets van Abdol van der Merwe, werksbestuurdes van die letterpersafdeling by Perskor, gemaak.  Abdol was 'n man wat 'n mens nie sommer kon miskyk nie as gevolg van daardie welige weglêsnor van hom.

Maart 1974
Abdol was ook gewild by die redaksies van Perskor vanweë sy vriendelike aard, hulpvaardigheid en kenner van sy werk.

29.11.13

My eerste ‘trip’ as koerantman

PIET EBERSöHN skryf: K’rant het nou wel nie die hele foto gebruik nie, maar toe Lala Wahl onlangs ‘n foto van haar ma, Essie, stuur wat tydens ‘n geleentheid van die Vrouelandbou-unie in die eertydse Noord-Transvaal geneem is, het dit my ver laat terugdink aan my eerste “trip” en my eerste scooperigheid as joernalis. Dit was só teen die einde van die jare sewentig by Die Transvaler.

28.11.13

Van parkslaper tot politieke guru

JAPIE BOSCH skryf: Wie sou ooit kon raai dat ‘n jongman wat werkloos in Durban rondgedwaal en in parke geslaap het latere jare elke dag met ‘n das en pak klere by die werk sou opdaag en die ampsbenaming “adjunk-hoofredakteur” van Die Vaderland dra?

Dié man was niemand anders nie as Johann S Liebenberg. ‘n Kort storie oor sy avontuurlustige jong dae het in Perskorhaan van Mei 1972 verskyn.

27.11.13

'n Stem uit die hemel

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Kort nadat Perskor van Aucklandpark na Doornfontein verhuis het, was die terugtog werk en huis toe dubbel so ver met byna ‘n dosyn ekstra verkeersligte. Nie ‘n reuseprobleem vir skofwerkers nie, omdat ons byna nooit in spitsverkeer beland het nie. Op pad werk toe het ‘n mens getrou by verkeersligte stilgehou, maar ná middernag op pad huis toe sonder enige verkeer was ‘n rooi verkeerslig ‘n sinnelose oponthoud. Iemand het gesê ‘n mens hanteer ‘n verkeerslig ná twaalfuur snags soos ‘n stopstraat.

26.11.13

Fotodag 13: 'n Sêd affêre

November 1970
LUCIA GOMES skryf oor die afskeids- geselligheid met die sluiting van Dagbreek om met Die Beeld te amalgameer en Rapport tot stand te bring:

Die amptelike afskeid van die Ou Grote was 'n geselligheid in die APB se direksiekamer. Die bestuur, die redaksie, sirkulasie en lede van die

25.11.13

‘n Donderdag wat anders was

JOHAN VOSLOO skryf: Daai Donderdag van 29 Oktober 1970 het half begin soos alle ander Donderdae -- ietwat grommig. Mense van 'n Sondagkoerant begin hier teen die einde van die week net so 'n rapsie paniekerig word. Dinsdag en Woensdag se geskerts is op Donderdae bra uit pas.

Toe ek gang opstap, staan Sakkie Perold van Kaapse faam ook daar --
ewe drentelend voor mnr. Dirk Richard se kantoor. Verder af in die gang loop Peet Simonis in sy bosbaadjie. Hier is iets, hier is pêre, dog ek so stillerig. Hierdie uit die Kaap opkommery is nie elke dag se ding nie! As ek maar geweet het ...

22.11.13

My "terroris" is jou president

PHILIP DEETLEFS skryf: Toe ek in die vroeë sewentigs by Die Transvaler begin werk het, was my politieke horisonne baie beperk. Ek is gebore kort nadat apartheid uitgevind is en ek is in hierdie stelsel grootgemaak en my realiteite was daar rondom gevorm.

Amper soos ‘n 40-jarige Zimbabwiër vandag die wêreld sal aanskou? Sy lewe lank nog net een heerser beleef.

Oor prekery en die lang naald

JASPER SCHELLINGERHOUT (let op die spelling van my van), oud-Vaderland en nou 'n afgetrede dominee,  skryf oor die lengte van ‘n preek:

Ek het nou maar eenmaal ‘n erge hekel aan preke wat mank gaan aan goeie substans en inhoud. Self doen ek moeite om ‘n tema behoorlik toe te lig en dan dwaal die horlosie se lang naald bietjie verby kerkuitkomtyd. My vrou moes my van tyd tot tyd suutjies berispe hieroor. (Was darem nou nie naastenby so ‘n uitgerekte storie soos Herman Charles Bosman se Ps. 119-singery nie, dankie tog!)

21.11.13

Jan, Jan, Jan, die man van staal

PIETER KRUGER skryf: Ek kry twee weke gelede ‘n oproep op my selfoon, maar voordat ek dit kon beantwoord, sit die persoon aan die ander kant neer.

Seker maar iemand wat ‘n “piece job” soek en nie meer sellfoontyd het nie, dog ek.

En wie antwoord toe ek terugbel? Jan van der Merwe.

20.11.13

Sindikate slaan toe en steelfoto’s span die kroon

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Voornemende regslui studeer jare lank aan universiteite om hulle beroep te bemeester. Misdadigers vat gewoonlik ná 'n onbesonne blaps kortpad tronk toe vir gespesialiseerde opleiding deur geharde misdadigers. In dié “universiteit” leer hulle prakties hoe om 'n opvolgbesoek deur die polisie en inhegtenisneming te vermy. Die meer geslepe kalante word dáár, voor hul ontslag, deur sindikaatleiers gewerf en by bendes betrek.

19.11.13

Jare dertig se politiek sorg vir blywende herinneringe

TJAART VAN DER WALT, oudjoernalis en direksielid van Hoofstadpers, een van die filiale van Perskor, was een van diegene wat in 1971 aan Rooi Rose se Kerstafel ‘n storie vertel het wat hy nooit sal vergeet nie.

Hy skryf in daardie jaar se Kersuitgawe van dié vrouetydskrif: Waarskynlik omdat ek die enigste derdejaarstudent was wat in my

18.11.13

Fotodag 12: Len se Pen weer doodreg

Len Lindeque is terug in Aucklandpark! Sy glimlag is nog net so breed soos altyd en sy "Hallo Baby" weerklink soggens net so gulhartig soos vanouds. En dit bewys dat hy volkome herstel het van sy onlangse en ernstige siekbed.

Februarie 1972
Len het onder meer 'n groot operasie ondergaan en daar is op een tydstip vir sy lewe gevrees.

15.11.13

Rugby se universele taal

PIET EBERSöHN skryf: Hulle (ingeligte waarnemers/betroubare bronne?) sê die liefde praat ’n universele taal. Daaroor kan ek nie saam praat nie, maar ek kan bevestig dat rugby wel ’n universele taal besig.

Op 8 November 1980 het die Franse rugbyspan van Jean-Pierre Rives op Loftus Versfeld in Pretoria teen die Springbokke gespeel en ver verloor, 37 – 15. Die somertoets noem hulle dit.

14.11.13

Ongerepte Bosveld was Lala se Wilde Weste

LALA WAHL skryf: Bennie Neethling se Bosveldstories voer my terug na my kinderjare op my oupa Eloff se plaas in die Baltimore/Tolwe-omgewing.

"Slang" was die naam van die plaas waar hy gewoon het en die ander twee was Schoemansdal en Matula.

13.11.13

Die dag toe ek vir Charlie help vang het

PEET SIMONIS skryf: Charlie die sjimpansee van Bloemfontein was/is waarskynlik die bekendste sjimpansee op aarde. As hy beloon sou word vir die plesier wat hy aan mense – veral kinders – verskaf het, is hy nou in ‘n hemel.

Dat hy sy rokie geniet het – kyk na die kostelike insetsel daaroor op die internet – sou nie teen hom gehou word nie.

12.11.13

Kosingwesi was eintlik Kozonguizi

HANS LOMBARD skryf: Ek verwys na die berig in K’rant, Kent gij dat volk, onder die naam van Johann Liebenberg, politieke redakteur van Die Vaderland, met verwysing na Johann se ontmoeting met Kosingwesi, sekretaris van SWAPO, tydens die Wêreldhof se uitspraak in Den Haag, wat saam met Johann Kent gij dat volk gesing het (lees hier). Net ‘n regstelling.

Die man se naam was Jariretundu Kozonguizi, president van SWANU (South West Africa National Union). Dit was ‘n opposisieparty van SWAPO van Sam Nujoma, wat die eerste swart president van Namibië geword het. Ek het altwee goed geken tydens my jare as joernalis in Londen.