Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

5.11.22

Fotoblad van Peet en Elise van Staden

Enkele weke terug het Peet en Elise van Staden  van hul kleurryke lewe en talente vertel. Van die foto's wat Peet saamgestuur het, het nog nie hul pad na K'rant gevind nie.  Hier is hulle nou.

• Oudkollegas kan gerus deur hul foto-albums blaai en herinneringe aanstuur. 

Peet van Staden (middel) was een van vier gewese voorsitters van die eerstydse Randse Sportskrywersvereniging wat teenwoordig was toe die vereniging se geskiedkundige beker vir die Sportman van die Jaar aan die Goue Leeus-rugby-unie se museum oorhandig is. Links van Peet is Ria Rabie en Willie Roux en heel regs Harry Lombaard. Tweede van regs is Andre Bester, wat die skenking bewerkstellig het. Al vyf is gewese Perskorhane.

Die Marius Jooste-gedenkmedalje, toegeken aan Elise vir haar meestersverhandeling 'n Linguistiese beskrywing van die register Koerantafrikaans, met besondere verwysing na die koerantstylboek. Sy het die graad met lof verwerf.

Braaivleis by 'n persgeleentheid in Germiston ongeveer 1972 met Elise as die joernalis en Peet die meeloper.

Elise en van die boeke wat sy geskryf of gehelp skryf het.

 
Elise (tweede van regs) as deel van 'n mediagroep op die passasierskip, Oriana, in April 1970. Die ander mense is: Chris Vermaak (Dagbreek), ene Tucker van Port Elizabeth, Joy ?? (Rand Daily Mail - met donkerbril), Helene Rabie (Die Beeld), onbekende skakelman van Lindsay Smithers, Lilias Franklin (ook skakelbeampte van LS) en Collin du Plessis  (SAUK).

 
Peet en wyle Johan van Wyk (regs), albei finaliste as Sportskrywer van die Jaar in 1979. Die gasspreker was lt.genl. Peter Walls, destyds bevelvoerder van die Zimbabwe/Rhodesiese weermag.

Houtwerkprojekte van Peet: 'n bêre-eenheid van spaanderbord vir lees- en kykstof met onder 'n TV-kabinet van kiaathout en voor 'n koffietafel van geelhout en kiaat.