Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

22.11.22

 Vertel K’rant as julle boeke publiseer

PIET EBERSÓHN skryf: JOERNALISTE is mos maar in wese skrywers en dit is noodwendig dat talle van hulle mettertyd ook boeke op hul kerfstok plaas. 

Dis ook die geval met diegene wat vir Perskor en sy voorgangers gewerk
het, al die pad terug tot by tot by Harm Oost en die Noordelike Drukpers-maatskappy wat Ons Vaderland in 1915 begin uitgee het. Daarna was daar Afrikaanse Pers, Voortrekkerpers, Dagbreekpers, Perskor en Republikeinse Pers – en die gedeelde Rapport-uitgewers.

Bartho Smith
Skrywers en digters.

Chris Barnard
Fiksie en nie-fiksie.

Natuurlik sport en politiek, maar ook oor misdaad, geldsake en ander onderwerpe. Daar was produkte van literêre gehalte, en daar was blote ontspanningslektuur. PG du Plessis, Chris Barnard en Bartho Smith het die Hertzogprys gewen. Boeke deur Dirk Richard en Earl Martin was voorgeskrewe werke op skool. Daar was gerekende akademiese publikasies, onder meer oor kommunikasiekunde, joernalistiek en geskiedenis.

Dirk Richard
PG du Plessis

Ek kan uit die vuis uit aan minstens tien oudsportskrywers dink wat boeke oor hul belangstellingsveld gepubliseer het. ʼn Mens is in die versoeking om meer name te noem, maar die gevaar is te groot dat mense uitgelaat kan word wat vermelding verdien.

K’rant nooi graag oudkollegas wat boeke publiseer uit om ons te vertel wanneer dit  verskyn.

Kom ons begin by almal wat tans boeke op die winkelrak het (wat nie uit druk is nie).

Vertel ons van jul skeppings en stuur ʼn omslagfoto saam.