Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

26.5.15

Ons vlieg agter die Bek se baba aan

KARIN PRETORIUS skryf: Ek het nou nie soos ons minister van sport Amerika toe gevlieg vir die boksgeveg van die eeu tussen Floyd Mayweather en Manny Pacquiao nie, maar wel na Durban vir ‘n storie oor die geboorte van die eeu - díe van die eersgeborene van boksheld en swaargewig-kampioen, Kallie Knoetze en sy vrou Elize.

Of só altans het mev Baby Hyman, hoofredaktrise van Rooi Rose, gedink toe Kallie-Matt gebore is. Ek glo broeisheid het die ouma in tant Baby oorrompel en al wat sy wou hê, was ‘n artikel oor die Knoetzes en klein Kallie-Matt wat vernoem is na sy peetpa, Matt Lotter. Hy was die broer van afrigter-bestuurder Billy Lotter.

Herman 
Potgieter
Vanweë die Knoetzes se vol program was hulle glad nie vir ‘n onderhoud in Pretoria beskikbaar nie, maarwel in Durban waar hulle vakansie sou hou na Kallie se oorwinning oor Duane Bobick.

Ek en fotograaf Herman Porgieter moes daarom noodgedwonge Durban toe vlieg waar ons die geleentheid gehad het om die Knoetzes vir ‘n volle dag in Durban te vergesel. Hulle is eers op kantoor by Rooi Rose se redaksie onthaal en daarna het ek en Herman hulle soos bloedhonde op die strand gevolg. Terwyl ek met Elize gesels het, het Herman prag-foto’s van die gesin geneem.

Die onderhoud met die Knoetzes was in 1978 toe Kallie op 37 in die fleur van sy boksloopbaan was. ‘n Jaar later is hy as die nr 3-swaargewig in die wêreld beskou.

Karin Pretorius saam met die Knoetzes en
hul eersteling Kallie-Matt in Durban.


Tant Baby Hyman, hoofredaktrise van Rooi Rose
saam met die Knoetzes op kantoor in Durban.

Kallie en sy seuntjie geniet ‘n roomys.

Kallie saam met sy gesin in 1978 op die ouderdom
van 37 op Durban se strand, ‘n jaar voordat hy as
nr 3-swaargewig in die wêreld geag is.