
Dave Viljoen was nagnuusredakteur. Sy telefoon lui en die beller stel hom voor as “John Vorster” waarop Dave se spertydhumor-antwoord was dat dit Napoleon Bonaparte hier is en hy die foon summier neergesit het. Die president wou graag ontken dat Eugene Terreblanche ooit sy lyfwag was nie en dat die gerug reggestel moet word.
Na nog twee of drie onsuksesvolle oproepe van die Vorster-woning af wat elke keer deur “Napoleon Bonaparte” beëindig is, het Willem de Klerk by die nagkantoor ingestap.Vorster het hom in die hande gekry en hom aangesê om die saak self by die nagkantoor te kom regmaak!