"Moet einde vanjaar met pensioen gaan, maar ek is gelukkig gevra om nog aan te bly. Gee nie om nie ... wat gaan ek tog met myself by die huis maak. Ek kan nie brei of hekel nie en kan ook nie kaart speel nie. My man sê ook hy dink dis beter dat ek iets het om my besig te hou.
![]() |
Die berig oor die " Makietie". |
Die mense is baie arm en die vervoermiddels ... wel, soms het jy hare op die tande nodig gehad om dit aan te durf. Soos die 'pick-up truck' wat ons vanaf ’n klein dorpie op die platteland terug na Mandalay geneem het. Ons was in ’n stadium 18 mense in en op die bakkie met ’n moerse klomp bagasie ook. Party het agter op die buffer gestaan en aan kettings gehang wat spesiaal vir dié doel aan die kappie van die bakkie vasgesweis is. Binne is ons soos sardientjies ingepak.

Die arme nagkantoor se mense, waaronder Dave (my eks), moes werk terwyl ons gepaartie het. Hy was natuurlik glad nie beïndruk met my toestand teen die tyd dat ons huis is nie. Maar wat ’n makietie! Baie seer koppe die volgende oggend.
Links bo: Perskorhaan berig oor die groot makietie. Op die foto (nie tydens die makietie geneem nie) is van links af Otto Krause, redakteur van die SA Financial Gazette, Hermie Hendriks, hoof van Perskorburo, Willem de Klerk, Dirk Richard, redakteur van Die Vaderland, en Harald Pakendorf, redakteur van Oggendblad.
Bo: Die feeskoor o.l.v. Johan (Ouboet) Snyman. Van links is
herkenbaar Grobbie Grobler, Ona Viljoen, Willem de Klerk, Sieg van
Niekerk en Phillippa Breytenbach.