31.7.12
Vir Pretorianers was Die Transvaler sinoniem met Gus Cluver
Thijs stal by fees uit
Jasper Schellingerhout laat weet: Oud-kollega en nou Oudtshoorniet, Thijs Nel, is een van die kunsuitstallers by die Klein Karoo- Klassique-Kunstefees wat 9 – 12 Augustus in die Volstruishoofstad aangebied word. Meer kan op hul webblad -- www.klassique.co.za – gelees word daaroor, plus natuurlik heelwat ander dinge wat op dié klassieke kuns- en wynfees aangebied word.
30.7.12
Corrie was die koning van die nuusfotograwe
Net so!
Thys Human skryf: Dankie, Andries, vir daardie pragtige skets van Oom Angel. En ook vir nou die dag s'n oor PW wat so flagrant lieg. Dit is presies hoe ek albei van hulle sal onthou!
27.7.12
Dirk Richard – van onderdorpseun tot landshervormer
Standerton was nog nooit so mooi nie
GERHARD BURGER skryf: Oor Gert le Roux se mooi storie: Gert het my eendag gevra om Standerton toe te ry om vir Dagbreek van 'n atletiekbyeenkoms verslag te doen. Die betaling (R5, dink ek) en die feit dat 'n ou rugbyspanmaat daar sou deelneem, het my laat instem. Dit was die dag toe Paul Nash twee keer binne 'n stuk of twee uur die wêreldrekord in die 100m geëwenaar het. (My pel Petrus Minderon was elke keer tot by die 40-tree-merk nog voor.) Ek vermoed Gert is vandag nog spyt hy het nie self
Die luukse van ’n keuse
26.7.12
Skryf én speel deug nie in rugby
Jy hoor dikwels ook die waarheid, omdat die beamptes nie besef die man van die koerant wat met hulle praat is ook betrokke nie. Ek het ’n hele paar sulke stelle afgetrap, omdat ek toe misdaadverslaggewer was en rugby sonder die sogenaamde ‘byline’ geskryf het.
Die wind was 'n vars briesie uit Namibië
Estelle de Bruyn |
“Ek was kortliks van 1981 tot 1982 werksaam by Die Vaderland in Doornfontein as stadsverslaggewer. Dit voel egter of ek ’n leeftyd se herinneringe in daardie kort tyd ingepak het. Dis waar ek André de Bruyn ontmoet het, dolverlief geraak het en hom later Windhoek toe gevolg het.
25.7.12
Eerste sportredakteur was Oxford Blue én owerste van Stormjaers
PIET EBERSÖHN skryf: VAN die talle merkwaardige joernaliste wat die pen vir Perskor en sy voorgangers opgeneem het, was Die Vaderland se eerste sportredakteur sekelik een van die merkwaardigste.
Nie net het hy die Universiteit van Oxford in 1930 in die Intervarsity teen Cambridge op die rugbyveld aangevoer nie, hy was ook die owerste van die Ossewa-Brandwag se para-militêre elitekorps, die Stormjaers, wat

Die verslaggewer wat nie anders Connie
THYS HUMAN skryf: vertel Con was ’n knap misdaadverslaggewer by Die Vaderland iewers in die jare sestig. Hy was egter ook, soos die meeste, lief om ’n doppie of wat te maak.
Hy is toe aangesê om ’n storie te gaan dek van iemand wat ’n doktorsgraad van Wits ontvang het oor ’n studie van prostitusie in Johannesburg.
24.7.12
Waarom het Perskor die stryd teen Nasionale Pers verloor?
ANDRIES BOTHA skryf: Beeld is ’n Pretoriase koerant met hoofkantoor in Johannesburg.
Sonder sirkulasiesyfers voor my is ek bereid om my kop op ’n blok te sit dat die meerderheid van Beeld se lesers in Pretoria sit. G’n wonder Loftus is Saterdae vol Beeld-plakkate met dié spreuk daarop: “Ons bloed is blou”.

Perskorhane de hoenders in oor Kersbonus
PHILIP DEETLEFS dink terug aan die dae van Perskor se hoenderbonusse met Kerstyd:
Ons Kersfeesbonus was by geleenthede ’n bevrore hoender wat ons in die kafeteria moes gaan afhaal. En om te sorg dat niemand dalkies twee van die flippen goed vat nie, moes jy geteken het dat jy jou hoender ontvang het. Dubbel-bonusse was nie aan die orde van die dag nie.

23.7.12
’n Behoefte aan dringende metafisika
OORLEDE Henk Wybenga en ek het goed bevriend geraak by Die Transvaler. En soos goeie vriendskappe betaam het ons elke middag ná werk die vriendskap oorkant die straat by Vegkop gaan bevestig. Na ’n tydjie het ons agtergekom dat ons kapasiteit om te vier veel groter was as
Dis bra vaal, die Es-y-bie-sie se rugbytaal
Waar, wanneer en waarom het die nare gebruik tog posgevat dat elke liewe siel agter die mikrofoon hulle deesdae soos volg uitlaat:
20.7.12
Frik se spyt oor 'n vuishou
Bal en wedstryd weggeskop
Of hoe?
Daar ís 'n verskil
Willie Buys skryf: Dit was in die vroeë jare van Die Tranvaler se oorlewingstryd met Beeld dat fotograaf Dawid Briers vanuit die skone Kaap by die redaksie aangesluit het. Dawid was toe 'n fris sportman wat uitgeblink het in rugby, maar eintlik in amateurstoei groot sukses behaal het. Op 'n dag word hy na die sportkantoor ontbied om 'n foto te neem van twee rofstoeiers wat die legendariese promotor oom Bull Hefer van oorsee ingevoer het om Suid-Afrika se plaaslike stoeitalent te kom beproef.
Só verloor Willie my
ANDRIES BOTHA skryf: Wyle Willie Brasé, wat so tragies vermoor is, was glo op Merensky-landbouskool ‘n kranige atleet, onder meer ‘n verspringer. My kleinboet, toe maar so 12 jaar oud, het vir hom gesê: “Dit was seker eerder diepsprong.” Willie was toe al lywig.
Eendag het hy saam met my van die landdroshof af teruggestap kantoor toe. Net voor Smitstraat van die stad se kant af in Sauerstraat was daar ‘n
Eendag het hy saam met my van die landdroshof af teruggestap kantoor toe. Net voor Smitstraat van die stad se kant af in Sauerstraat was daar ‘n
Dok Craven sorg vir twee wonderlike "scoops"
Rugby het aanvanklik ’n veel belangriker rol gespeel in die sowat tien jaar wat Johannesburg my basis was en ek het groot oomblike beleef. Ek was bevoorreg om talle van die Springbokke se rugbytoetse uit vele
In Dana se dampkring
GERT LE ROUX, later sportredakteur van Dagbreek en Landstem, vertel dat toe hy in 1959 by Die Transvaler se sportredaksie ingeval het, was Dana Niehaus nog die sportredakteur. Hy het egter reeds bedank om ’n pos in Landbouweekblad se advertensieafdeling te aanvaar.
Die enigste ander lid van DT se sportredaksie was wyle Hennie Viljoen, wat ook nie juis lank voor my daar aangestel is nie.
Die enigste ander lid van DT se sportredaksie was wyle Hennie Viljoen, wat ook nie juis lank voor my daar aangestel is nie.
19.7.12
Frustrasie met fotograwe en goeie raad met rondloperhonde
ONA VILJOEN dink terug aan haar koerantdae: WIE onthou nog toe ons in Braamfontein was? Baie onheil wat laatnag daar uitgebroei het. Dit was dikwels verstommend dat daar die volgende oggend ’n koerant op straat was.
Een slimjan het een aand besluit hulle moet my in telekspapier toedraai sodat ons kan sien hoe sterk dit is. Wel, ... ek kon myself nie losskeur nie!
Een slimjan het een aand besluit hulle moet my in telekspapier toedraai sodat ons kan sien hoe sterk dit is. Wel, ... ek kon myself nie losskeur nie!
18.7.12
'Scoop'-foto’s en katastrofes in die donkerkamer
Ek was een van die fotograwe wat (ek dink dit was slegs dié een keer) by die
17.7.12
Ode aan Oom Angel Engelbrecht
ANDRIES BOTHA skryf: Oom Angel Engelbrecht tol seker teen ’n duisend revolusies in turbo in sy graf om as hy hoor hoe die taal wat hy so lief had vandag verkrag word onder die dekmantel dat dit uit die "volksmond" kom.
Daar is seer seker ook min mense wat vir Die Transvaler gewerk het wat nie Oom Angel se eie stel "Gemêkte Koerante" kan onthou waarin hy daagliks taalfoute in berigte met ’n rooi pen gemerk het nie.
Daar is seer seker ook min mense wat vir Die Transvaler gewerk het wat nie Oom Angel se eie stel "Gemêkte Koerante" kan onthou waarin hy daagliks taalfoute in berigte met ’n rooi pen gemerk het nie.
Kapenaars laat hoor op ’n streep
Oud-Perskor-fotograaf Sieg Behm skryf: Eerstens baie dankie vir die gereelde uitnodigings na reünies. Ek het Mei-maand s’n eers gister ontvang (12 Julie). Dit moes seker ’n paar draaie gemaak het. Dis maar moeilik om van die Kaap af op te reis vir wat ek glo n lekker "party" sal of sou wees.
16.7.12
PW Botha het twee keer flagrant vir my gelieg
ANDRIES BOTHA skryf: PW Botha, in die omgang Piet Wapen genoem, was ’n man wat eienaardig met die waarheid omgegaan het – en dit het my twee keer in my loopbaan tussen die oë getref.
• Die eerste keer was in ’n Geloftedag-toespraak by die Paardekraal-monument op Krugersdorp waarin hy gewag gemaak van ’n "geheime wapen" wat Suid-Afrika het en wat hy bereid is om met "bevriende lande" (waarvan daar seer seker in daardie tyd bitter min was) te deel.
Die volgende dag was dit natuurlik Die Transvaler se hoofberig. Die hele land het begin wonder watse geheime wapen ons nou ontwerp het.
Maar die dag daarna ontken Piet Wapen dat hy hoegenaamd ooit na ’n geheime wapen verwys het.
• Die eerste keer was in ’n Geloftedag-toespraak by die Paardekraal-monument op Krugersdorp waarin hy gewag gemaak van ’n "geheime wapen" wat Suid-Afrika het en wat hy bereid is om met "bevriende lande" (waarvan daar seer seker in daardie tyd bitter min was) te deel.
Maar die dag daarna ontken Piet Wapen dat hy hoegenaamd ooit na ’n geheime wapen verwys het.
John Vorster en die tandefoto
JACQUES BOSCH, gewese fotograaf van Die Transvaler skryf: Dit was ongeveer in die jare sewentig met die algemene verkiesing dat ek as fotograaf en verslaggewer wyle Freek Swart die opdrag gekry het om ’n voorbladfoto te gaan neem van oom John Vorster (ons het hom so genoem) en tant Tini wat hand-aan-hand glimlaggend stap. Die gedagte was ’n voorbladopskrif van "Stap hand aan hand met die nasionale party die toekoms inˮ.
George altyd reg om te help
GERHARD KLEIJN skryf: Dankie vir die mooi storie oor George Nicholas. Ek het al dikwels gewonder of George nog aanstap. Die storie het vir my blye tyding gebring oor ’n jintelman waarvoor ek die wêreld se respek het.
In die tydperk wat ek my met die landboujoernalistiek besig gehou het, was ek bevoorreg om heel dikwels met George te doene te kry. ’n Ware heer wat altyd bereid was om ’n groentjie te help en onderhoudend oor omtrent alles kon gesels. Altyd netjies en korrek in sy optrede, maar met ’n gesonde ondeunde streep, is George.

13.7.12
Jasper se stoepstories
Township-mama red ons in onlus-hellevuur
WILLIE BUYS vertel twee stories van sy ervarings in Soweto met die 1976-onluste. Hy skryf onder meer:
Die Soweto-kookpot was ’n hellevuur van kolkende emosies waar alle redelikheid tussen die gebrul van pantservoertuie van verskillende fabrikate, staccato’s vuurwapenskote en niesgaswolke soos mis voor die son verdwyn het.

12.7.12
Gentleman journalist is still writing, playing golf at 94
PIET EBERSöHN writes: South Africa’s oldest agricultural magazine, Farmer’s Weekly, was for some time part of the Perskor stable. The magazine was started by The Friend in Bloemfontein in 1911 and was later sold to the Argus Group. The Argus sold it to Republican Press, which was later taken over by Perskor. K’rant introduces one of the stalwarts of the magazine.
Die dag toe Gary Player Die Transvaler se hoof-sportberig "geskryf" het
PIETER KRUGER skryf: Ek glo nie daar is’n joernalis wat in die jare sewentig en tagtig by Perskor gewerk het, wie se paadjie nie met dié van die legendariese Joe Venter gekruis het nie. My eerste kennismaking met Joe was vroeg in 1981 toe Leendert Pieterse my Sun City toe gestuur het, seker maar om verslag te doen oor die Sun City-ope, die voorloper van die eerste Miljoen-dollar-toernooi.
11.7.12
Die Transvaler en Die Vaderland was vreemde bedmaats
ANDRIES BOTHA skryf dat die samesmelting tussen Voortrekkerpers Bpk. en Afrikaans Pers (1062) Bpk. om die Perskorporasie van Suid-Afrika Bpk te vorm, eintlik ‘n kwessie van baie, baie vreemde bedmaats was.
Benewens die historiese politieke verskille van voor die Tweede Wêreldoorlog tussen die „Smelters” of Verenigde Party, soos verteenwoordig
Benewens die historiese politieke verskille van voor die Tweede Wêreldoorlog tussen die „Smelters” of Verenigde Party, soos verteenwoordig
10.7.12
'n Liggewig-boksskrywer by ’n swaargewig-geveg
JAPIE BOSCH skryf: Jannie Makoeng was, sover ek weet, die eerste en enigste Swart verslaggewer wat Die Vaderland gehad het.
Vaagweg herroep ek ook dat daar ’n menigsverskil in die hoofredaksie oor sy aanstelling was. Hoofredakteur Dirk Richard het volgehou dat hy aangestel moet word, omdat hy makliker toegang tot Swart politici sou
9.7.12
Só sal ek Marius Jooste onthou
THYS HUMAN skryf: Ons weet almal dat Marius Jooste een van die merkwaardigste mense in die Afrikaanse koerantwese was, maar ook ʼn omstrede figuur, want daar was diegene wat groot bewondering vir hom gehad het en andere wat baie min ooghare vir hom gehad het.
Persoonlik sal ek egter onthou dat hy binne enkele jare minstens vier keer agter my gestaan en vir my kant gekies het in berigte of meningsartikels
Bewaarplek vir laaste uitgawes gesoek
Thys Human vra:
IS daar êrens iets of iemand wat as ’n soort argief dien? Ek sit met die laaste uitgawe van Dagbreek en Sondagnuus en van Oggendblad.
Ek is besig om bietjie opruimingswerk te doen sodat daar bitter min van die goed oor sal wees as ek terugkeer na die heerlike niks waar ek miljoene jare voor my geboorte was!
’n Mens wil die goed nie sommer weggooi nie.

8.7.12
Die verskil tussen ‘n VP-lid en ‘n klavier
JAPIE BOSCH skryf: In 1979 tydens die parlementsitting het mnr Vause Raw, VP-LV vir Durban-Punt, in ‘n vervelige toespraak een of ander aanval op die NP-regering gedoen. Dis toe dat mnr Chris Rencken, NP-LV vir Benoni, opstaan om ‘n punt te maak. Die waardige speaker, mnr Jannie Loots, het in alle erns die volgende gesprek en gepaardgaande op- en afspringery laat plaasvind:
6.7.12
Die dag toe Len my voete onder my uitgeslaan het
JAPIE BOSCH skryf: Op ‘n dag in 1977/78 het Len Lindque my ‘n streep getrek wat my die grootste verleentheid van my lewe besorg het.
In die subkantoor by Die Vaderland in Doornfontein was ene Bok (ek het sy van vergeet) besig om ‘n blad op te maak. Len het na my toe gekom by die nuustafel waar “deadline” pas verby was.
In die subkantoor by Die Vaderland in Doornfontein was ene Bok (ek het sy van vergeet) besig om ‘n blad op te maak. Len het na my toe gekom by die nuustafel waar “deadline” pas verby was.
Premier praat met Napoleon Bonaparte
PHILIP DEETLEFS skryf: Die storie van Die Transvaler se nagkantoor het my laat onthou van die keer toe dr Willem de Klerk die aand by, ek dink, die Perskor-boekprystoekennings was. Daar het in die dae sterk gerugte die rondte gedoen dat Eugene Terreblanche die destydse premier John Vorster se lyfwag was.
Dave Viljoen was nagnuusredakteur. Sy telefoon lui en die beller stel hom voor as “John Vorster” waarop Dave se spertydhumor-antwoord was dat dit Napoleon Bonaparte hier is en hy die foon summier neergesit het. Die president wou graag ontken dat Eugene Terreblanche ooit sy lyfwag was nie en dat die gerug reggestel moet word.

5.7.12
Vegkop, o Vegkop
PIETER KRUGER, oud-sportskrywer van Die Vaderland, d(r)ink met heimwee terug aan een van die persmanne se gunsteling watergate.
TOE ek ’n paar maande gelede verby die Nieu-Doornfontein-hotel ry, wou ek by Vegkop inglip, maar sy deure was lankal gesluit.
Ek kon maar net kop skud, want ek glo nie daar is/was ’n Perskor-, Rapport-, Citizen- of Beeld-joernalis wat nie sy tande in Vegkop geslyp het
Ek kon maar net kop skud, want ek glo nie daar is/was ’n Perskor-, Rapport-, Citizen- of Beeld-joernalis wat nie sy tande in Vegkop geslyp het
4.7.12
Ona laat waai nog in die Baai …
Ona Viljoen, eerste TV-korrespondent van Die Transvaler, laat weet dit gaan nog goed met haar daar in Port Elizabeth.
"Ek’s vir donkiejare reeds skakelbeampte vir die wolbedryf, eers by die Wolraad en nou by die kleiner maatskappy, Cape Wools. Ek is ook redakteur vir die Wolkwerkers- vereniging se maandelikse koerantjie, Die Wolboer. Ek heg sommer ’n vars foto van my aan sodat julle kan sien hoe ek nou lyk.
3.7.12
Toe daar nie internet was nie, was daar motorfietse
HIERDIE foto het in 1970 in Hanekraai, personeelblad van die Afrikaanse Pers Beperk (APB) verskyn. Toe het ons nie nog nie eens gedroom van rekenaars in ons huise, internet, eposse, digitale kameras of selfone nie. Televisie het eers ses jaar later gekom. Die manne op hul motorfietse moes toe doen wat die druk van 'n knoppie vandag doen. Dis nie bekend wie hulle is nie.
Gekoller en getaai
GERHARD BURGER het hierdie foto gestuur. Hy skryf: "Julle sal sien watter gentlemen sportskrywers en portretmakers destyds was -- gekoller en getaai selfs op die lang pad in die winter. Gabriel het altyd op sulke trips vir hom groente gekoop (hy het 'n spesiale plek in Bloem gehad). Toe die motor se wiel vervang moes word, het ek hom die pampoen as noodwiel aangebied. Hy het nie gedink dit is besonder snaaks nie".
2.7.12
Pare wat saamgePERS(kor) is
PHILIP DEETELFS skryf: Toe ek gaan sit en dink oor trou met ‘n vrou wat jy by Perskor leer ken het, het ek nie gedink dié huwelik is noodwendig anders omdat dit koerantgebonde is nie. Maar ‘n mens moet koerantpare met respek bejeën. ‘n Koeranttroue is nie elke man (of vrou) se maat nie.
Teken in op:
Plasings (Atom)