Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

3.7.12

Gekoller en getaai

GERHARD BURGER het hierdie foto gestuur.  Hy skryf: "Julle sal sien watter gentlemen sportskrywers en portretmakers destyds was -- gekoller en getaai selfs op die lang pad in die winter. Gabriel het altyd op sulke trips vir hom groente gekoop (hy het 'n spesiale plek in Bloem gehad). Toe die motor se wiel vervang moes word, het ek hom die pampoen as noodwiel aangebied. Hy het nie gedink dit is besonder snaaks nie".

Die mense op die foto is van links af:  Gabriel, die motorbestuuder, Gerhard Burger, destyds sportredakteur van Die Vaderland en fotograaf Frank Rousseau ook van Die Vaderland.  Gerhard sê hy kan nie onthou wie die foto geneem het nie.

'n Vergrote foto van Gabriel verskyn op 'n berig wat vroeër oor hom geskryf is.  Klik HIER.