Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

14.2.20

Pers-ID van toentertyd

FRANS WESSELS (Jr) skryf: Vanoggend verskyn daar n pop-up op my rekenaar ... daar is weer 'n storie in K’rant geplaas!

Frans Wessels
Bienkie Wessels
Ek het vining gaan loer, sien die berig oor die reunie, lees natuurlik die ouer stories ook, en sien toe die versoek op 11.11.2019 vir nog 14 stories om die millennium kerf te haal.

Ek was nie self by Perskor nie, maar het deur my ouers, Frans en Bienkie, Perskor baie goed leer ken; aldus my belangstelling in K’rant.

Oor die jare het ek baie stories gesien met name uit vanmelewe se dae; mense wat ek destyds goed geken het en met wie ons baie ondervindinge saam meegemaak het.

Om K’rant te help om daardie luisterryke 1 000-syfer te bereik deel ek graag die volgende intressantheid met julle.

In 2016, na Bienkie se dood, het ek tydens die groot huis-skoonmaak en -oppak op hulle pers-identiteitskaarte afgekom.

Die kaarte is onderskeidelik in 1957 en 1958 aan hulle uitgereik. Frans was by Die Vaderland en Bienkie by Dagbreek.




Interessant om te sien watter inligting alles daarop verskyn het: lengte, haarkleur, oogkleur en selfs hoe jy gebou is!

Dit was maar seker die voorloper van hedendaagse biometriese tegnologie!

En dan boonop deur die Kommissaris van Polisie geteken!

Ek is seker menige joernalis uit daardie era sal die identitieskaarte herken, en hopelik bring dit 'n paar goeie herinneringe terug!