Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

7.6.16

Bienkie Wessels verloor stryd teen kanker

Frans Wessels skryf: My ma, BIENKIE WESSELS, is Maandag oorlede ná n lang stryd met kanker.

Reëlings ivm die roudiens sal aan julle gestuur word.

Bienkie was 'n kranige koerant- en tydskrifjoernalis; die skrywersbloed het dik deur haar are geloop.

Sy was ook 'n getroue K'rant-leser, en het graag op die hoogte gebly van al haar oudkollegas se doen en late.

Ongelukkig moes sy die laaste reünie misloop agv haar verswakte gesondheid.

Sy gaan 'n groot leemte laat, sowel in haar vriendekringe as die joernalistieke wêreld.