Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

24.2.23

Verskeie oorledenes se name ontbreek

HERMAN SNYMAN laat weet daar is heelwat oudkollegas wat oorlede is maar nie op K’rant se lys verskyn nie. 

ʼn Interessante weglating is die naam van HA van der Merwe, ʼn senior verslaggewer by Die Vaderland. Van der Merwe was die skrywer van die boeke “Meng My Wyn” en “Op die Top van die Mas”, die eerste Afrikaanse boeke wat deur die sensors verbied is. 

Ander name wat ontbreek is: 

  • G.D. Scholtz, redakteur van Die Transvaler, 
  • PG du Plessis, redakteur van Hoofstad, Frans Aucamp, redakteur van Vista (Welkom) en later van Metro (Pretoria), 
  • Johan van Heerden, assistent-redakteur van Dagbreek en Sondagnuus, 
  • Ulrich Stark, nuusredakteur van Dagbreek en Sondagnuus, 
  • Norman Munnik, administratiewe hoof van Dagbreek en Sondagnuus se Kaapse Kantoor, 
  • Eugene Marais, redaksielid en later medewerker van Die Vaderland, 
  • Bienkie Wessels, senior verslaggewer en rubriekskrywer van Die Vaderland, 
  • Ina McLean, verslaggewer by Die Vaderland, 

Jan Beukes was ook bekender as sportskrywer en later -redakteur van Die Vaderland as wat hy as mediese verslaggewer van Die Transvaler was. 

  • Dankie Herman. Die lys is aangepas en verskyn nou as "In Memoriam" onder die mashoof. As daar nog weglatings is, sal 'n e-pos aan Piet Ebersöhn by oietebersohn1@gmail waardeer word. Daar is 'n klompie name met vraagtekens agter "werkgewer" en "ampsbenaming". Kan iemand help? -- Red.

Herman Snyman en Piet Ebersohn ʼn stuk of dertig jaar jonger as wat hulle deesdae is.