Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

12.2.20

Reünie 2020: geborg deur Dagbreektrust

Dis weer tyd vir ons jaarlikse saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens).

Margaret 
Lombard
Margaret Lombard het besluit om die tuig as komiteelid neer te lê. Ons bedank haar vir haar werk met ons finansies en skakeling met die restourant.

Madelaine Page het ingestem om by die komitee aan te sluit. Die komitee, onder leiding van ons voorsitter Harald Pakendorf, en bygestaan deur sy gade Aletta, Louise Blake en Madelaine Page, het besluit om die funksie weer by die Irish Rock-restourant te hou.

Madeleine
Page
Die reϋnie vind op Sondag 22 Maart 2020 plaas. Die ete begin stiptelik om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. Daar is ‘n kontantkroeg.

Die Irish Rock se buffet bied as voorgereg Griekse slaai; as hoofgereg beesoondbraad, hoenderpastei, botterskorsie, roomspinasie, aartappels, rys en sous; en as nagereg malvapoeding en roomys.

‘n Bottel elk rooiwyn en witwyn sal gratis per tafel uit ons fondse verskaf word. Ekstra wyn en ander drankies, bier en koeldrank kan by die kontantkroeg bestel word. Koffie en gebottelde water is ook vir jou eie rekening.

Ons het plek vir 50 mense, so wikkel en bespreek julle plekke so gou moontlik. RSVP teen 17 Maart 2020 per e-pos na lblake2@telkomsa.net of pagemadelaine@gmail.com of skakel Louise by 082 472 2840 of (010) 210 7381 of Madelaine by 083 417 2044.

Daar word ook 'n beroep gedoen op dié wat saamrygeleenthede aan ander kan bied om dit te doen. Dié wat saamrygeleenthede het of soek, moet laat weet sodat ons kan sien hoeveel ons bymekaar kan uitbring. ​

Die Irish Rock se adres is h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Roodepoort. Dis by die The Hub Crossing (Wesrand Retail Crossing.)

Padaanwysings: (Klik hier vir 'n Padkaart)

Uit die Johannesburg-omgewing – neem die Beyers Naudé-afrit en ry noord verby die Lifestyle-kwekery en draai links in Eastwoodlaan.

‘n Klein entjie verder vurk die pad. Hou regs in Scottlaan. Dit verander na Paul Krugerweg en later Nic Diederichsboulevard. Hou vir etlike kilometers reguit aan, verby SASOL-VULSTASIE (links), steeds reguit aan oor die verkeerslig, ry teen die bult af en draai links by die eerste verkeerslig in FLORINWEG. Eerste straat regs om sirkel. Weer eerste straat regs by sentrum in. Die restourant is drie geboue regs op die punt. Volop veilige parkering tot agter die restourant. Stap deur na die stoep.

Vanaf Pretoria – neem die N14 na Krugersdorp. Ry tot by eerste verkeerslig. Draai links. Dit word Hendrik Potgieterweg. Draai links in Nic Diederichsboulevard, etlike kilometers verder aan by Retail Crossing, Mr Price en groot M. By die eerste verkeerslig draai regs in FLORINWEG en volg aanwysings soos hierbo.

Groete van Harald en Aletta Pakendorf, Louise Blake en Madelaine Page