Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

30.3.20

Thijs Nel oorlede


THIJS NEL, voormalige kunsredakteur van Die Vaderland en befaamde kunstenaar, is Saterdagoggend in die versorgingseenheid van ‘n aftreeoord in Oudtshoorn oorlede, het Paul Kruger, ‘n goeie vriend en kollega van destydse laat weet. Hy was 76.

Thijs wat alleen gewoon het, het sowat ses weke gelede siek geword. Vriende wat na hom omgesien het, het hom gehelp om na ‘n aftreeoord te verhuis. Voor dit was hy nog bedrywig met keramiekwerk en het ‘n opdrag vir ‘n fontein vir iemand in Fancourt, George, voltooi. Hy het veral naam gemaak met sy skilderye en was ook skrywer en digter.

K’rant het altesame agt bydraes van Thijs ontvang. Klik HIER om dit te lees.

Gerhard Burger skryf dat Thijs op skool ‘n knap hekkiesatleet was.

“Hy het op ‘n tyd van sy skilderye verkoop om in Frankryk te gaan studeer.

“Ek, toe pas getroud, kon nie R25 bekostig om een te koop nie. Die goedkoopste Thijs Nel wat jy nou kan koop, gaan jou seker R5 000 kos.

“Ek het hom nooit nors of kwaad gesien nie; altyd met daardie vriendelike glimlag en geesdrif oor sy werk.”