Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

4.1.18

Tubby du Preez oorlede

Tubby du Preez.
Foto: Netwerk24.
Piet Ebersöhn het laat weet Tubby (Etienne) du Preez, gewese Pretoriase sportskrywer van Die Tramsvaler en Oggendlad, is oorlede.

Onderstaande het Dinsdagoggend op Radio Pretoria se Facebook-blad verskyn:

Dit is met leedwese dat Pretoria FM moet aankondig dat ons kollega, Ettiene du Preez, gisteraand in die ouderdom van 64 jaar oorlede is.

Ettiene, of Tubby soos hy alombekend was, sal altyd onthou word vir sy humorsin, sy positiewe lewensuitkyk en sy mensliewendheid.

Hy was ‘n ervare nuus- en sportskrywer en het luisteraars gereeld op die hoogte van toetskrieket gehou met sy oorskakelings na die ateljee. Ettiene word oorleef deur ‘n ouer broer.