Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

23.1.18

Dot Kruger oorlede

KOOS BOTHA skryf: Dot Kruger is Saterdagaand in die ouderdom van 84 jaar oorlede in haar huis in die aftreedorp, Darrenwood Village, Johannesburg.

Ná meer as 'n halfdosyn kankeroperasies en feitlik nege jaar se deurlopende chemo-behandeling het die chemo haar gestel afgetakel en onder meer haar gebeente bros gemaak. Sy het drie erge beenbreuke in die afgelope twee jaar beleef.

Perskormense sal haar onthou as die flink en fleurige Dot wat in die jare sewentig in Aucklandpark die persoonlike assistant van Marius Jooste was. Later persoonlike assistent van Koos Buitendag en daarna besturende redakteur van Marie Claire.

Twee weke gelede nog wou sy weet: wanneer is die volgende Perskor-ete?

Haar man, Sam Kruger, met wie sy byna sestig jaar lank getroud was, het haar vyf jaar gelede ontval.

Haar eie moeder het sy as kleuter verloor en haar vader as tiener. Daarna het het sy by haar oudste suster haar jongmeisiejare deurgebring totdat sy kort ná haar mondigwording met die liefde van haar lewe getroud is. Maar deur alles het sy die keurige en altyd hoflike Dot gebly.

Dot word oorleef deur drie seuns, Garth, André en Paul. Besonderhede oor ‘n roudiens word verstrek sodra dit bekend is. Stellig in Randburg.

('n Berig geskryf deur wyle Andries Botha oor Dot se ervarings by Perskor en 'n skets van haar deur Len Lindeque is HIER. -- Red.)