Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

11.1.18

Norman van Blackie oorlede

 Norman 
Chandler
Louise Blake het laat weet dat Norman Chandler Woensdag, 10 Januarie, op sy vrou se verjaardag, oorlede is. Hy was 78.

Norman het op Kersdag flou geword van bloeding op die brein. 

Medici het hom gister breindood verklaar waarna al die organe wat bruikbaar was vir oorplanting geoes is.  Daarna is die masjien wat Norman lewend gehou het, afgeskakel.

Sy vrou, Marinda (née Swart), of Blackie soos sy alom bekend was, was in die jare sewentig en tagtig 'n groot vriendin van Die Transvaler en Die Vaderland se redaksielede.

Norman se gedenkdiens vind plaas op Vrydag 12 Januarie 2018 om 12::00 in die NG Kerk Weltevredenpark, Corneliusstraat 1140, Weltevredenpark, Roodepoort.

Norman en Blackie het die afgelope jare The Ngami Times op Maun in Botswana gepubliseer.

Hy het destyds sy storie oor die Helderberg-vliegtuigramp vir K'rant geskryf. (Klik HIER.)

Ons wens Blackie alle sterkte en ons innige simpatie toe. Red.