
Gerugte versprei met ons selfone deesdae soos ‘n veldbrand en ons het hier in Namibië verlede week al besef dis komkommertyd toe die stories oor die radio, TV en in die koerante dik geloop het van Grace Mugabe wat dalk in haar geboortedorp, Benoni wegkruip of dat sy politieke asiel in Namibië gevind het en reeds in Windhoek is.

Klassieke komkommertydstories van die verlede is byvoorbeeld die een wat die media gaande gehad het oor eekhorinkies in Central Park, New York, wat aan kokaïen verslaaf is. Dwelmgebruikers begrawe hul dwelms op geheime plekke in die park waar die eekhorinkies dit uitruik en vreet. Die bewelmde diertjies raak dan glo sommer erg opdringerig en astrant met mense in die park.

Die rede hoekom Duitsland die eiland glo sou koop is omdat Spanje besluit het om Duitse bier op die eiland te verbied. Alles snert-stories, maar in komkommertyd haal dit maklik die voorblad.
Hoewel K’rant deesdae eintlik gedurig komkommertyd beleef weens ‘n gebrek aan nuwe stories, gaan die redaksie ongeag met spesiale verlof tot so halfpad in Januarie.
Vir diegene wat die pad iewers heen gaan vat, ry asseblief veilig. En vir al ons lesers wens ons ‘n vrede- en vreugdevolle vakansie-seisoen toe! Tot volgende jaar.