Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

13.6.16

Wie onthou die Soweto-onluste?

Donderdag is dit 40 jaar gelede dat die Soweto-onluste van 1976 begin het. Die amptelike dodesyfer was 176, maar sommiges sê tot 700 is dood. Lees Wikipedia HIER.

Ons weet byna elke koerant het verslaggewers en fotograwe gestuur om oor hierdie stories te skryf en foto's te neem. Ons wil graag weet wie van ons lesers het destyds die onluste gedek en vir wie en in watter rol? Wat was die interessanthede wat jy vandag nog onthou en wat dalk nie destyds gepublliseer is nie?

Ons sien uit na sommer hele paar stories (en foto's?) van die Perskormense wat destyds in Soweto se loopgrawe en van agter Perskormotors se tralievensters uit verslag gedoen het.