Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

1.4.23

Reünie 2023: Geborg deur Dagbreektrust

DIS weer tyd vir lekker kuier by ons volgende reünie van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens). 

Die reëlingskomitee, onder leiding van voorsitter Harald Pakendorf en bygestaan deur sy gade Aletta, Louise Blake en Madelaine Page, het besluit om vanjaar weer ‘n funksie by dieselfde restourant – die Irish Rock - te hou. 

  • Die saamtrek vind op Sondag 7 Mei 2023 plaas. 
  • Die ete begin stiptelik om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. 
  • Daar is ‘n kontantkroeg. 
  • Die Irish Rock se buffet bied as voorgereg Griekse slaai; as hoofgereg beesoondbraad, hoenderpastei, botterskorsie, roomspinasie, aartappels, rys en sous; en as nagereg malvapoeding en roomys. 
  • ‘n Bottel elk rooiwyn en witwyn sal gratis per tafel uit ons fondse verskaf word. Ekstra wyn en ander drankies, bier en koeldrank kan by die kontantkroeg bestel word. Koffie en gebottelde water is ook vir jou eie rekening.
  • Ons word nie altyd in kennis gestel van oudkollegas wat intussen afgetree het en nuwe eposadresse het nie; indien jy van sulke gevalle weet, stuur asseblief die uitnodiging aan hulle of stuur die nuwe eposadres aan Louise. 
  • Ons het plek vir 50 mense, so wikkel en bespreek julle plekke so gou moontlik. RSVP teen 3 Mei 2023 per e-pos na lblake2@telkomsa.net of skakel Louise by 082 472 2840.
  • Die Irish Rock se adres is West Rand Retail Crossing, h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Roodepoort. 
Padaanwysings: 

Uit die Johannesburg-omgewing – neem die Beyers Naudé-afrit en ry noord verby die Lifestyle-kwekery en draai links in Eastwoodlaan. ‘n Klein entjie verder vurk die pad. Hou regs in Scottlaan. Dit verander na Paul Krugerweg en later Nic Diederichsboulevard. Hou vir etlike kilometers reguit aan, verby SASOL-VULSTASIE (links), steeds reguit aan oor die verkeerslig, ry teen die bult af en draai links by die eerste verkeerslig in FLORINWEG. Eerste straat regs om sirkel. Weer eerste straat regs by sentrum in. Die restourant is drie geboue regs op die punt. Volop veilige parkering tot agter die restourant. Stap deur na die stoep. 

Van Pretoria afMOENIE Hendrik Potgieter neem nie aangesien ‘n groot deel gesluit is vir padherstelwerk. Neem die N14 en draai af by die Zwartkop/Randburg afrit. Draai links in Beyers Naude. Draai regs in Johan weg ongeveer 4km verder, dan links in Taylorweg, en regs in Nic Diederichsboulevard. Hou vir etlike kilometers reguit aan, verby SASOL-VULSTASIE (links), steeds reguit aan oor die verkeerslig, ry teen die bult af en draai links by die eerste verkeerslig in FLORINWEG. Eerste straat regs om sirkel. Weer eerste straat regs by sentrum in. Die restourant is drie geboue regs op die punt. Volop veilige parkering tot agter die restourant. Stap deur na die stoep. 

Groete van Harald en Aletta Pakendorf, Louise Blake en Madelaine Page.