
Die reünie vind op Sondag, 26 Maart 2017 by die restaurant Keg and Eagle, h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Roodepoort plaas. Dis by die The Hub Crossing, dieselfde restaurant waar ons verlede jaar vergader het. (Wesrand Retail Crossing.)
Die ete begin stiptelik om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. Daar is ‘n kontantkroeg.


Een bottel rooiwyn en een bottel witwyn sal gratis per tafel verskaf word. Ekstra wyn en ander drankies, bier en koeldrank kan by die kontantkroeg bestel word. Koffie en gebottelde water is ook vir jou rekening.


Padaanwysings:
Uit die Johannesburg-omgewing: neem die Beyers Naudé- (vcoorheen DF Malan-) afrit en ry noord verby die Lifestyle-kwekery. Draai links in Eastwoodlaan. ‘n Klein entjie verder vurk die pad. Hou regs in Scottlaan. Dit verander na Paul Krugerweg en later Nic Diederichsboulevard. Hou vir etlike kilometers reguit aan, verby 'n Sasol-vulstasie (linkerkant), steeds reguit aan oor die verkeerslig. Ry teen die bult af en draai links by die eerste verkeerslig in Florinweg. Neem die eerste straat regs om sirkel. Neem weer die eerste straat regs by die sentrum in. Die restaurant is drie geboue verder regs op die punt. Daar is volop veilige parkering. Stap deur na die stoep.


Ons het plek vir 60 mense. Mense wat bespreek en nie opdaag nie, sal verplig wees om die koste van die ete, R165 pp, aan ons te betaal. Eerste kom, eerste aanvaar.


• margaret@neomail.co.za of
• lblake2@telkomsa.net of
• bel Margaret by 083 533 4829 of
• Louise by 082 472 2840 of (010) 210 7381.
Laat weet asseblief al u oudkollegas met wie u nog skakeling het. Waarom nie ‘n tafel uit eie kring bymekaar kry vir ‘n lekker kuier nie?
Daar word ook 'n beroep gedoen op dié wat saamrygeleenthede aan ander kan bied om dit te doen. Dié wat saamrygeleenthede het of soek, moet laat weet sodat ons kan bepaal hoeveel ons bymekaar kan kry.