Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

13.10.16

Marius Janssonius oorlede

PIET PIENAAR skryf: Ek het ‘n foto van oud-Vaderlander Marius Janssonius in ‘n K’rant-berig opgemerk.

Marius is so drie jaar gelede oorlede. Hy het by sy dogter in Pretoria gebly. Hy het blykbaar, toe hy alleen tuis was, iets uit die swembad wou haal en vooroor in die water geval. Daar word vermoed dat sy hart gaan staan het. Dit was in die winter.

In 1988 het ek van Perskor na Sentrapers in Ficksburg geskuif. Marius was die bestuurder van die drukkery (wat voorheen aan hom behoort het.)

Marius Janssonius
Hy het 1992 afgetree. Hy en sy broer Timon was om die beurt by die drukkery en die plaaslike hotel betrokke. Die broers het ook verskillende politieke oortuigings gehad.

Sy skryfvermoë was wyd bekend. Hy het 'n tyd lank Sentra-oes, eienaar van Sentrapers, se bemarkingsmateriaal voorsien.

Wat ek altyd van hom sal onthou, is sy afkeur in die gebruik van die woord “huidiglik”.

(Marius was in die sewentigerjare assistent-tot-die-redakteur by Die Vaderland. -- Red.)