Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

22.9.16

Johann was een van ons

HANLIE (Swanepoel) VORNBERG skryf: Ons stap op dié stadium van ons lewe reeds in die sinkende lig en wanneer ´n oud kollega sterf word dit donker vir ´n wyle.

Johann Britz was deel van ons groepie van agt wat in die sewentiger jare in Hermie Hendriks se joernalisteskool was.

Ons was ´n klein groepie met groot planne en ambisie. Ons was jonk en het vir alles kans gesien.

Ons was deels baie verskillend, maar het EEN ding gemeen gehad. Ons wou almal skryf!

Ons het ver gekyk in die toekoms. Veral as gevolg van die feit dat ons op mekaar se skouers gestaan het. Dit was nie aldag maklik nie, maar ons het mekaar ondersteun.

Dit was ´n leersame en goeie tyd.

Johann was een van ons.

Ons sal hom nie vergeet nie.

 Oom Hermie Hendriks se joernalisteskool van 1970.  
Links van voor tot agter: Hanlie Swanepoel, Molly Geyser, Harry van den Berg, Wim van Volsem.
Regs van voor tot agter: Maureen Heyl, Nicolene Strydom, Johann Britz, Buks Pietersen.
Foto uit: Hanekraai, Junie 1970.