Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

1.2.16

Reünie 2016: Geborg deur Dagbreektrust

PIET EBERSÖHN en LOUISE BLAKE skryf: Vanjaar se saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens) vind op Sondag 13 Maart 2016 by die restaurant Keg and Eagle, h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Johannesburg plaas. Dis by die Lifestyle The Hub Crossing, langs die restourant waar ons verlede jaar vergader het. (Wesrand Retail Crossing.)

Die ete begin stiptelik om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. Daar is ‘n lekker kroeg. Ons gaan by dié geleentheid Hans Lombard se 90ste verjaarsdag (5 April) vier.

Hans Lombard
word 90 jaar.
Die Keg and Eagle se buffet bied
  • as voorgereg 'n Griekse slaai; 
  • as hoofgereg: stokvis in beslag, beesoondbraad, hoenderpastei, botterskorsie, roomspinasie, rys en sous;
  • as nagereg roomys met sjokoladesous.
Wyn word geborg deur Jean Engelbrecht van die Rust en Vrede-wynlandgoed, Stellenbosch. Hy is die seun van die vermaarde Springbokvleuel, Jannie Engelbrecht. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar vir ander drank. Koffie en gebottelde water is vir jou eie rekening. Die Vaaldam is vol en ‘n glas water kos niks. Die ete is in ‘n private lokaal. Ons is heeltemal op ons eie. Geen lawaai/musiek nie. Ons sit ook nie weer by ‘n lang tafel nie, maar by los tafels van ses. Daar sal `n mikrofoon en luidspreker wees.

Padaanwysings

Uit die Johannesburg-omgewing – neem die Beyers Naudé- (DF Malan-) afrit en ry noord verby die Lifestyle-kwekery en draai links in Eastwoodlaan. ‘n Klein entjie verder vurk die pad. Hou regs in Scottlaan. Dit verander na Paul Krugerweg en later Nic Diederichsboulevard. Hou vir etlike kilometers reguit aan, verby SASOL-VULSTASIE (links), steeds reguit aan oor die verkeerslig, ry teen die bult af en draai links by die eerste verkeerslig in FLORINWEG. Eerste straat regs om sirkel. Weer eerste straat regs by sentrum in. Die restourant is drie geboue regs op die punt. Volop veilige parkering tot agter die restourant. Stap deur na die stoep.

Vanaf Pretoria – neem die N14 na Krugersdorp. Ry tot by eerste verkeerslig. Draai links. Dit word Hendrik Potgieterweg. Draai links in Nic Diederichsboulevard, etlike kilometers verder aan by Retail Crossing, Mr Price en groot M. By die eerste verkeerslig draai regs in FLORINWEG en volg aanwysings soos hierbo.

Ons het plek vir 70 mense. Mense wat bespreek en nie opdaag nie, sal verplig wees om die koste van die ete, R155 pp, aan ons te betaal. Eerste kom, eerste maal.

Die ete word geborg deur Dagbreektrust. 
RSVP per e-pos na ebersohn@absamail.co.za of  
bel Piet saans tussen 19:00 en 21:00 by (012) 333 8966. 
Louise se nommer is (011) 888 4502.

Laat weet asseblief al u oudkollegas met wie u nog skakeling het. Waarom nie ‘n tafel uit eie kring bymekaar kry vir ‘n lekker kuier nie?

Daar word ook 'n beroep gedoen op dié wat saamrygeleenthede aan ander kan bied om dit te doen. Dié wat saamrygeleenthede het of soek, moet laat weet sodat ons kan sien hoeveel ons bymekaar kan uitbring. Hans Lombard sal vir Hermie en sy dogter gaan oplaai.