Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

13.1.16

Niks (nie eens die feite) klop `n goeie kop

PIET EBERSöHN skryf: Destyds by die koerant het hulle mos graag geskerts dat `n mens nie die feite met `n goeie storie mag laat inmeng nie.

Dit lyk my dit het ook `n goeie opskrif gegeld.

Met `n gesnuffel in eksemplare van Die Transvaler van 1951 het ek nou die dag op `n beriggie van twee paragrawe onder die opskrif  “Transvaler wen” afgekom.


Handelend oor `n rugbywedstryd tussen DT (destyds nog deel van die Voortrekkerpers) en Die Vaderland (van die Afrikaanse Pers) lui dit min of meer so:

“Die Transvaler en Die Vaderland se rugbyspanne het Saterdag 3-3 gelykop gespeel

“Voortrekkerpers het die vorige kragmeting tussen die twee spanne 5-3 gewen.”

Sarel Steyn, die Voortrekkerpers se kaptein in 1953, het `n paar jaar gelede `n spanfoto met sulke bekendes soos Gert Kotzé (latere redakteur van Transvaler), die latere radioman en akteur Dana Niehaus, At de Beer (`n toekomstige redakteur van Hoofstad) en Gert Hattingh (die legendariese fotograaf) aan K’rant beskikbaar gestel.

Kyk gerus by HIER.