Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

28.9.12

Protter laat Joe rekord op rekord slaan

JOE VAN BUUREN skryf: My kollegas sal waarskynlik die dag in die middel jare sewentig onthou toe David Protter die middestad van Johannesburg op horings geneem het.

Protter het die Israelse konsulaat in Foxstraat, oorkant die Carlton-sentrum, beset en op als wat roer geskiet.

27.9.12

Rika het hardekwas-polisiemanne om haar pinkie gedraai

PHILIP DEETLEFS skryf: Om so ‘n effense kinkel in jou kabel te hê, kan voordelig wees om die joernalistiek prettig en opwindend te maak. Ek verstout my om te sê dat die grootste gros van ons wat by Perskor gewerk het, dalk op dié manier gestrem was/is met so ‘n kinkeltjie iewers in die kabel. Ek sê dit met groot respek en as iemand wie se kinkel eintlik niks minder as ‘n vervlakste kraaines is nie.

26.9.12

Repliekbrokkies is mos ’n nuttige werktuig

PIET EBERSÖHN skryf: Gerhard Burger het onlangs só ‘n mooi voorbeeld gestel om ‘n paar herinneringe saam te vat in wat hy “repliekbrokkies” genoem het, dat ek hom sommer klakkeloos na-aap – en hoop meer mense wil die voorbeeld volg.

Dit is nou maar so dat byna elke storie as ’n soort van “geheuekatalisator” dien wat latente stories weer helder voor die gees roep. Sit dié belewenisse

25.9.12

Sulke karakters het die Afrikaanse joernalistiek kleur gegee

Willie Buys skryf na aanleiding van Japie Bosch se saamgevatte storie oor Douglas Jones: Afrikaanse joernalistiek is soveel armer sonder kleurvolle, enigmatiese karakters soos Douglas Jones en sy tydgenoot Chris Vermaak, alias ou Grim, weens sy vryelike gebruik van dié woord om donker situasies te beskryf. Albei het nou al die Groot Rivier oorgesteek, maar hul nalatenskap is staaltjies wat met nostalgie of borrelende humor oorvertel word.

Len soek Schoor

JOHAN LIEBENBERG skryf: Ek sien Andries Botha skryf oor staaltjies uit Len Lindeque se kleurryke lewe en ek meen ek moet ook een bydra. In die
Aucklandparkse dae was die Kunsredaksie in ‘n stadium heel agter in ‘n gangetjie gedruk, skuins oor Len se kantoor. Daar het ons baie goeie vriende geword en eendag vertel hy my die poets wat hy vir mnr. AM. Van Schoor, destyde redakteur van Die Vaderland gebak het.

24.9.12

Harde skool en kleinste salaristjeks as koerantman

GERT COETZEE skryf: Ek het as ’n verwaande, tienderjarige uitspoegsel van die Puk by Die Vaderland in Aucklandpark, Johannesburg, aangekom. Net onder ons het dit by Die Transvaler gewemel van ’n swetterjoel jongetjies, maar ek was ’n geruime tyd lank die “baba” van die vierde verdieping, as’t ware die speelding van die redaksie.

My eerste nuusredakteur was ’n swaargewig. Nie die skreeuende, tierende,

21.9.12

Die diamantsage van flamobjante Flash Fred Kamil

WILLIE BUYS skryf: Twee mans se kaping van ‘n groot Suid-Afrikaanse passasiersvliegtuig op 24 Mei 1972 het ‘n ongekende en geskiedkundige drama hier te lande ontketen wat maande lank hoofnuus was in die plaaslike media. Ek het daardie epiese sage ten nouste beleef omdat ek vir Die Vaderland daaroor verslag gedoen het.

Dit was inderwaarheid een van die grootste en lanklopende stories wat ek

20.9.12

Sans-base het nie net perslui se tjeks gewissel nie

JOE VAN BUUREN skryf: Die Sans Souci-hotel in Auckland Park was baie jare lank 'n gewilde bymekaaromplek vir Perskor se mense.

Daar was ook beroepslui en studente van die Randse Afrikaanse Universiteit, Wits, die Goudstadse Onderwyskollege en die Engelse onderwyskollege in Parktown, ‘n mengelmoes mense wat by die hotel gekuier het.

As Essie (ongemaklik) profeteer

Sandy MacDonald skryf: Met verwysing na Johan van Wyk se staaltjie "Goeiemôre, meneer" (klik hier) oor hom en Johan (Essie) Esterhuizen in K'rant van 29 Augustus, moet ek darem 'n ietsie oor Essie oorvertel.
Hy was 'n kollega met wie dit die grootste plesier was om saam te werk. Nie net vir sy droë humorsin nie, maar ook vir sy werkywer en sy liefde en kennis van sy vak. Essie was (is) 'n krieketkenner van formaat, soos wat die toekenning van Krieket Suid-Afrika aan hom ná sy vroeë aftrede getuig.

19.9.12

Des Erasmus: woordkunstenaar by uitstek

DES ERASMUS was Perskorburo se korrespondent in Windhoek. Meegaande artikel oor hom, deur Errol Hurter, het onlangs in Republikein verskyn, in ‘n rubriek geborg deur Gondwana Collection, ’n groep verblyfplekke in die omgewing van Namibië se natuurwonders. Die artkel word met Gondwana, Hurter en Republikein se instemming in K’rant geplaas.As kind het hy op ’n donkiekar getrek deur Dapper en Donker, plaasskool toe gery en in sy hart het hierdie groot man vandag

‘Help, help!’ toe help rower homself

PHILIP DEETLEFS stuur meegaande berig wat op Donderdag 13 September in Republikein verskyn het. Die amperse slagoffers is ’n gewese Windhoekse korrespondent van Perskor, Des Erasmus, en sy vrou, Anneli.

’n Verslagspan van Erongo, ’n streekpublikasie van Republikein, is in die middestad van Pretoria deur ’n rower oorval. Dit was die tweede poging tot roof binne twee dae op die koerantegpaar, Des en Anneli Erasmus van

18.9.12

Vreugde en vrese van ’n eerste ‘byline’

ILZE WELGEMOED skryf: Hoe kan ’n mens so swel van trots die een dag en die volgende oggend is jy so bang dat jy net wil weghardloop? En dit alles oor ’n byline en rugby.

Ek weet nie hoekom nuusredakteur Japie Bosch nie vir Yvonne le Roux gevra het om ‘n TV-storie te skryf nie, want sy was immers die TV-redaktrise, maar nee, hy kies MY toe om met Jan Snyman, TV se sportbaas, oor rugby op TV te gesels. Die opdrag was om vas te stel of Gerhard Viviers ooit rugby op TV sou uitsaai.

Gee jou Hart vir Hillbrow…

ANDRIES BOTHA skryf: Toe ek nou die anderdag wanneer Johannes Kerkorrel (almal weet seker hy was eens op ’n tyd ’n sub by Rapport) se aangrypende liedjie, Gee jou Hart vir Hillbrow, oor die radio hoor, het dit my gedagtes teruggevoer na ’n paar interessante stukkies politiek graffiti wat ek in Hillbrow gesien het.

Dit was in die jare sestig toe dr HF Verwoerd taamlik suksesvol na die Engelse stem vir die Nasionale Party gevry het en onder meer vir sen Alf Trollip en prof Owen Horwood, toe nog rektor van die Natalse Universiteit, in die kabinet aangestel het dat iemand teen ’n muur in Hillbrow geskryf het:

“Even a Trollip won’t do what a Horwood”.

17.9.12

Moenie grap waar dit nie jeuk nie

PIET ROODT skryf: Ek weet nie of Frans, my broer, laat weet het nie. Hy sit op Riebeeck-Kasteel en ek op Vereeniging, albei besig om ons gatte af te sukkel om kop bo water te hou.

Dis met nostalgie dat ek K’rant lees. Soms maak die lewe snaakse draaie. Baie van die ou hande het reeds die ewige met die tydelike verwissel, maar dis goed om darem te hoor almal is nie onder die kluite nie. Ek het nie

Kittie: Daardie blou oë en die glimlag

JOHAN LIEBENBERG skryf: Hoewel ek dadelik van Kittie Vermaak se afsterwe gehoor het, kan ek nou eers daarop reageer. Dit was vir my ’n bedrywige tyd in die aftreeoord, want ek was besig met kulturele dinge hier. Ons het ’n konsert gehou en een van die Kaap se gewildste sangeresse het kom sing en soos ’n mens maar weet, vat sulke dinge baie organisasie.

14.9.12

Meesterverteller met opregte hart en talent vir die lewe

JAPIE BOSCH het met wyle Douglas Jones se vrou, Elsa, gesels. Sy het een en ander oor hom vertel en berigte wat ná sy dood oor hom verskyn het asook 'n paar foto's uit sy jong dae aan K’rant gestuur. Douglas was onder meer verslaggewer by Brandwag, Sondagstem, Dagbreek, nuusredakteur van Die Vaderland en adjunk-nuusredakteur by The Citizen. Hy het ook ‘n draai by Die Republikein in Windhoek gemaak. Voorwaar een van die “karakters” in die Afrikaanse joernalistiek.

13.9.12

Amerikaner Baby John verras met Boereaksent

PIETER KRUGER skryf: Ek sit Sondag in die voorhuis en spring van kanaal tot kanaal toe ek op die rofstoei op e-tv vashaak. En toe dwaal my gedagtes terug na Die Vaderland se sportkantoor en oom Bull Hefer.

Oom Bull was ’n blok van ’n man, ’n rofstoeier wat sy nering by Henry Irslinger geleer het en in sy vroeë loopbaan gesorg het dat hyself, Willie Liebenberg, Percy Hall en die Wildeman van die Kalahari huishoudelike name geword het.

Jy kon oom Bull deur ’n ring trek. Donkerpak, wit hemp, swart das, blink skoene. Sy yl hare gekam en geplak met Brylcream, ’n dik Ritmeester-sigaar in sy mond en altyd haastig. Oom Bull was promotor, vegknoper, bestuurder, betaalmeester, skakelbeampte en woordvoerder vir manne soos Jan Wilkens, Boerseun, Vrystaat, Apollo en Tarzan Jacobs.

12.9.12

Daar skuil ’n moordenaar in elkeen van ons

CARLA VAN DER SPUY skryf: Ek het nooit gedink ek sal eendag ’n misdaadboek skryf nie, maar “Mens of Monster – die psige van ’n misdadiger” was ’n opdragwerk van Lapa-uitgewers en soos die geval met alle vryskutjoernaliste is, sê mens nie nee vir werk nie.

Jy is bang hulle vra jou nie weer nie.

11.9.12

Buis baar toe meer as ‘n proef

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Lank voordat sielkundiges en navorsers vasgestel het een van die hoofoorsake van krisisbestuur is voortdurende volgehoue stres oftewel spanning het Perskor dit reeds toegepas.

 Dit was veral in die nagkantoor sigbaar waar 'n Gideonsbende aand na aand die byna onmoontlike vermag het deur Die Transvaler betyds persklaar te kry. (Met die hulp van Die Vaderland se huursoldate.)

Wonderlike verrassing

JOHAN SMIT skryf: Hier krap ek nou op die Internet rond en kom op dié wonderlike blad af.

Ek en Jean Oosthuizen het in die jare negentig politiek geskryf vir Die Transvaler in Pretoria, Frans Esterhuyse was die spotprentman, Francoise Steyn het algemeen geskryf en selfs klein Willem de Klerk het vir ’n ruk saam met ons gewerk. Gerrit Velthuysen was die redakteur in 1988-92?

Ek is bitter bly om hier uit te kom. Sal moeite doen om die ander ook hierheen te verwys.

10.9.12

Ondervinding wat 'n mens nederig hou

WESSEL OOSTHUIZEN skryf: My geheue is deesdae te kort om te onthou waar ek oral was en wat ek al op film en deesdae elektronies vasgelê het. Die 2012 Paralimpiese Spele hier in Londen is egter een byeenkoms wat ek nooit sal vergeet nie.

In my loopbaan het ek saam met van die grootste name in die joernalistiek, Afrikaans en Engels, gewerk, maar ek dink net wyle Koos van der Merwe,

Spesiale jare daar in Mitchellstraat

HANLIE DELPORT skryf: Ek het ’n klein rukkie by Die Transvaler gewerk – 1987 tot 1989. Was toe Hanlie Basson. Ek het algemeen geskryf, maar het ook heelwat bylaes (vakansie, kuns) gedoen en het selfs die Mej Pretoria Skou-skoonheidskompetisie namens die koerant gereël!

Ek het saam met Sandy MacDonald, Murray la Vita, Anita de Kock, Rean Steenkamp, Tom Cairncross, Mike van der Merwe, Blaar Grobbelaar, Dirk

7.9.12

Só het Perskor sirkulasiestryd verloor

WILLIE BUYS skryf: Kollega Andries Botha se berig oor die sogenaamde sirkulasieskandaal en sy redes oor hoekom hy dink Nasionale Pers die noord/suid-stryd om oorheersing van die Afrikaanse mediamark gewen het, verwys.

Andries sê tereg hy het nie die feite voor hom nie en dus lug hy net ’n mening. Ek as destydse nuusredakteur van Die Transvaler, redakteur van

6.9.12

Sowat van aftrap sou Oom John laat lekkerkry

JOE VAN BUUREN skryf: Op ’n dag in die vroeë jare tagtig het ek, my eks en ons dogter, Tanya, na ’n besoek aan die Suid-Kaap by die destydse Lughawe Jan Smuts aangekom.

Tanya, wat toe maar ’n paar maande oud was, was behoorlik toegewikkel, met die arms styf teen die lyfie toegedraai.

5.9.12

Herinneringe aan my jaar (net een) by Die Transvaler

ANNELIZE SLABBERT skryf: My eerste Desember by Die Transvaler onthou ek met gemengde gevoelens. Pas getroud, pas afgestudeer en pas aangestel danksy ‘n vriendelike woord deur ’n familied in dr Carel Nöffke se oor. Rou en naïef idealisties.

Die eerste skok was Ina Smith (toe Botha) se ontnugterende waarskuwing dat verslaggewers Sondae werk. En tot donker wanneer dit die sub behaag. Terwyl ek die onbehaaglike vooruitsig van Sondae in die muwwe

Julle moet skryf soos julle praat

PHILIP DEETLEFS skryf: Toe Nic Kruger nou die dag vertel van die eerste les in joernalistiek wat Gerhard Burger hom geleer het, onthou ek myne ook.

Ons was so ‘n handvol wat in Januarie 1973 saam by Die Transvaler begin het. Die eerste week moes ek leer tik. Elke oggend het Willie Buys vir my die koerant se voorblad laat oortik tot ek omtrent so tien woorde per minuut kon tik. Toe moes ek die dag se Sapa-weerberig vertaal. Dit was ook die week wat my siel beswyk het.

4.9.12

As ’n man se huis wegraak!

Gebore en getoë Namibiër NIC KRUGER, wat in die jare sewentig by Die Vaderland gewerk het, het ook diep spore in die joernalistiek en perswese in Namibië getrap. Hy was saam met dok Jan Spies destyds aan die stuur van sake by Die Republikein in Windhoek wat toe ook die Republikeinse Party se amptelike spreekbuis was. Nic en sy vrou Elsada het later albei suksesvolle sakemense geword. Nic boer deesdae saam met sy twee seuns – albei beroepsjagters – grootskaals met trofeejagters van elke kontinent.

Is ek ook so grys en verrimpeld?

WESSEL OOSTHUIZEN skryf: Ek sit hier in London en wag vir die Openingsseremonie van die Paralimpiese Spele en kom per toeval op die webwerf af. Het ek ook so grys en verrimpeld geword? En is ek die enigste ou van ons tyd wat nou nog sy gat-af werk?

Daar is so baie name wat ek reeds vergeet het, waarvan ek nou gelees het! Om te kyk wat ek daagliks doen, gaan na www.sascocimages.co.za.

3.9.12

Onse Kittie was ’n edelvrou van die joernalistiek


KITTIE VERMAAK, voormalige vroue-redaktrise van Die Vaderland, is onlangs oorlede.

Van haar oud-kollegas vertel hier hoe hulle haar onthou.

Catharina Hendrina (Kittie) Vermaak: 6 November 1925 --25 Augustus 2012