HANLIE VORNBERG skryf: Nadat ek Piet Ebersöhn se twee interessante berigte oor sy nuwe blyplek, Korfu, gelees het, het ek skeilik onthou dat daar 'n interessante verbinding bestaan tussen Korfu en Oostenryk.
Dit is die paleis Achilleion, sewe kilometer suid van die stad
Korfu. Elisabeth,die Keiserin van Oostenryk en Hongarye, het dit in die jare
1890 tot 1892, vir haar laat bou.
Keiserin Elisabeth, genoem Sisi, was die vrou van Keiser Frans Josef I wat van 1848 tot sy dood in 1916 oor die Oostenrykse Ryk regeer het. Elisabeth was uit die Duitse adelsgeslag Wittelsbach en was aan die Habsburgse keiser verwant.