Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

27.5.21

K’rant en sy dinge

PHILIP DEETLEFS skryf: Kom ons praat bietjie oor K’rant en sy dinge. Ek woon in Swakopmund, Namibia en Japie Bosch die meester wat die joernaal aan die gang hou, in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. 

Ons kommunikeer hoofsaaklik per epos of Whatsapp, maar so dan en wan verlang ons na mekaar en dan gesels ons oor die telefoon. Dit is wat nou pas gebeur het en vir byna ‘n uur aaneen. 

Vandag het ons hardop gewonder oor die toekoms van K’rant en hoe ons K’rant so bietjie woema kan gee. Japie vertel dat daar daagliks nog heelwat mense is wat by K’rant inloer en as daar ‘n nuwe storie is, soos Sipke se huldeblyk aan Andre Scheepers, dan word dit maklik ‘n honderd en ‘n half, en die volgende dag weer.

Ons soek enige storie wat verkieslik nie die afsterwe van ‘n oud-kollega aankondig nie. Soos wat ek nou doen. Enige iets sal goed wees om die emmer om te dop. 

As jy lus is om iets oor jou Perskordae te skryf, hier is jou geleentheid. Kom ons kyk wat peul uit en dankie vir die lekker gesels Japie!