Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

8.9.20

Koos Botha oorlede

SIPKE DE VRIES skryf: In die vroeë oggendure van Vrydag 4 September is oudTransvaler en SAUK joernalis Koos Botha in die ouderdom van 85 jaar by sy geliefde huis in Ferndale oorlede. 

Koos was baie jare verbonde aan die finansiële redaksie van Die Transvaler voor sy aftrede. In die vroeë sestiger jare was hy 'n subredakteur by die Afrikaanse nuusdiens van die SAUK. Toendertyd by die hoofkantoor in Kommisarisstraat. 

Vroeër in sy lewe en ná sy aftrede het Koos meubels en kunsobjekte gemaak van alle soorte hout wat hy maar kon vind. Ook was hy 'n baanbreker in die vervaardiging van ingangsdeure gemaak van spoorwegdwarsleers. Hy het ook figure in hierdie ysterharde hout gebeitel. Die deure was so swaar dat dit in versterkte rame gehang moes word. 

Koos se lewe het dramaties verander met die dood van sy geliefde seun Daan en dogter Rut in 'n motorongeluk naby Winburg ongeveer 30 jaar gelede. 

Hy was 'n besonder saggeaarde mens en het geen vyande geken nie. Sy dogter Monique bly agter. Daar sal hierdie Vrydag 'n beperkte gedenkdiens vir hom in Pretoria gehou word.