NIC VAN OUDTSHOORN skryf: Ek geniet K’rant baie hier in Australië. Kan enige leser my asseblief inlig oor die datum van Hoofstad se eerste uitgawe? As ek reg onthou, het John Vorster die amptelike opening waargeneem.
Dankie by voorbaat.
(Nic, stuur vir ons foto van jouself, asseblief. -- Red.)
23.1.18
Dot Kruger oorlede

Ná meer as 'n halfdosyn kankeroperasies en feitlik nege jaar se deurlopende chemo-behandeling het die chemo haar gestel afgetakel en onder meer haar gebeente bros gemaak. Sy het drie erge beenbreuke in die afgelope twee jaar beleef.
11.1.18
Norman van Blackie oorlede
![]() |
Norman Chandler |
Norman het op Kersdag flou geword van bloeding op die brein.
Medici het hom gister breindood verklaar waarna al die organe wat bruikbaar was vir oorplanting geoes is. Daarna is die masjien wat Norman lewend gehou het, afgeskakel.
4.1.18
Tubby du Preez oorlede
![]() |
Tubby du Preez. Foto: Netwerk24. |
Onderstaande het Dinsdagoggend op Radio Pretoria se Facebook-blad verskyn:
Dit is met leedwese dat Pretoria FM moet aankondig dat ons kollega, Ettiene du Preez, gisteraand in die ouderdom van 64 jaar oorlede is.
Teken in op:
Plasings (Atom)