
Omdat die inwoners daar ons so baie gehelp het, het die vervaardiger, André Scholtz, besluit dat ons die première van die film op Koffiefontein moet hou.
Lede van die tegniese span, akteurs, soos Hans Strydom, Sybil Coetzee, Francois de Bruyn en Mel Miller – en die uwe – was saam Koffiefontein toe vir die geleentheid. Nardus Nel is gestuur om foto's te neem.
Ná afloop van die vertoning het ons ’n yslike fees in die plaaslike hotel gehou – tot ná sonop.

om sy foto’s te gaan ontwikkel. Op pad het hy besef hy gaan agter die stuurwiel aan die slaap raak en het van die pad af getrek om ’n bietjie te rus.
Ná wat seker 'n taamlike tydjie moes gewees het, word Nardus wakker van ’n geklop aan die motorruit. Hy maak oop en daar staan ’n spietkop wat vra of Nardus oukei is.
Nardus antwoord instemmend en vra of hy enige oortreding begaan het. “Nee,” sê die spietkop, “maar ek dink dit sal ’n goeie idee wees as jy jou motor se enjin afskakel.”
Dié storie het Nardus self vir my vertel.