JOHAN LIEBENBERG EN PHILLIPPA BREYTENBACH, kunsredakteur van onderskeidelik Die Vaderland en Die Transvaler, het in
April 1973 in Perskorhaan vertel wat hul werk behels.
JOHAN skryf: “Man, maar jy het darem " 'n lekker joppie! Dink net aan al die gratis kaartjies, etes, voggies, ens. wat julle kunsredakteurs kry -- ek sal nie omgee om so 'n joppie te kry nie!"
Hoe baie hoor ek nie dié woorde nie -- en soms nogal van kollegas wat beter behoort te weet en van subs wat veral (altyd?) aan die etes dink.