Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

31.7.12

Vir Pretorianers was Die Transvaler sinoniem met Gus Cluver

ANDRIES BOTHA skryf: Vir Die Transvaler was Oom Gus Cluver Meneer Pretoria”. Vir Pretorianers was hy “Mnr Transvaler”.

En om te sê Oom Gus was ‘n “ware heer” is om die status te verhoog van mense wat al so bestempel is. Hy was inderdaad die oorspronklike heer. Die ander bloot

Thijs stal by fees uit

Jasper Schellingerhout laat weet: Oud-kollega en nou Oudtshoorniet, Thijs Nel, is een van die kunsuitstallers by die Klein Karoo- Klassique-Kunstefees wat 9 – 12 Augustus in die Volstruishoofstad aangebied word. Meer kan op hul webblad -- www.klassique.co.za – gelees word daaroor, plus natuurlik heelwat ander dinge wat op dié klassieke kuns- en wynfees aangebied word.

30.7.12

Corrie was die koning van die nuusfotograwe


Corrie Roux
Artikel oorgeneem uit die eerste publikasiereeks van K’rant
 onder redaksie van Peet Simonis. 

PIET EBERSöHN skryf: DIE koning van die nuusfotograwe! Só bestempel Neil Steyn vir Corrie Roux, jare gelede fotograaf in Die Transvaler se Pretoriase kantoor.


Net so!

Thys Human skryf: Dankie, Andries, vir daardie pragtige skets van Oom Angel. En ook vir nou die dag s'n oor PW wat so flagrant lieg. Dit is presies hoe ek albei van hulle sal onthou!

27.7.12

Dirk Richard – van onderdorpseun tot landshervormer

ANDRIES BOTHA skryf: “Ek, die onderdorpseun, moes help om die Afrikaner uit sy velskoen-denke te lei, uit die kleinburgerlikheid van sy kleurdenke na ’n nuwe dimensie van naasbestaan.”

Só het Dirk Richard oor Dirk Richard geskryf in “Die seuntjie van Swartvlei” in die gedenkboek, My Paarl, wat

Standerton was nog nooit so mooi nie

GERHARD BURGER skryf: Oor Gert le Roux se mooi storie: Gert het my eendag gevra om Standerton toe te ry om vir Dagbreek van 'n atletiekbyeenkoms verslag te doen. Die betaling (R5, dink ek) en die feit dat 'n ou rugbyspanmaat daar sou deelneem, het my laat instem. Dit was die dag toe Paul Nash twee keer binne 'n stuk of twee uur die wêreldrekord in die 100m geëwenaar het. (My pel Petrus Minderon was elke keer tot by die 40-tree-merk nog voor.) Ek vermoed Gert is vandag nog spyt hy het nie self

Die luukse van ’n keuse

AUGUST DU PREEZ skryf: Philip se bydrae oor die hoenders as Kersbonus verwys. Ons kon darem kies tussen 'n hoender en 'n bottel bruiswyn!

26.7.12

Skryf én speel deug nie in rugby

Artikel oorgeneem uit die eerste publikasiereeks van K’rant onder redaksie van PEET SIMONIS

NEIL STEYN vertel:  ’n Rugbyskrywer wat probeer skryf oor wedstryde waarin hy speel, kom dikwels sleg tweede of selfs derde, veral as jy neuk met die moordende Carltonbekerreeks van die Blou Bulle.

Jy hoor dikwels ook die waarheid, omdat die beamptes nie besef die man van die koerant wat met hulle praat is ook betrokke nie. Ek het ’n hele paar sulke stelle afgetrap, omdat ek toe misdaadverslaggewer was en rugby sonder die sogenaamde ‘byline’ geskryf het.

Die wind was 'n vars briesie uit Namibië

Estelle de Bruyn
ESTELLE DE BRUYN (née Oosthuizen), redakteur van Republikein, skryf: Philip Deetlefs het my laat weet van K’rant en ek geniet dit behoorlik om oor die herinneringe van eergister te lees.

“Ek was kortliks van 1981 tot 1982 werksaam by Die Vaderland in Doornfontein as stadsverslaggewer. Dit voel egter of ek ’n leeftyd se herinneringe in daardie kort tyd ingepak het. Dis waar ek André de Bruyn ontmoet het, dolverlief geraak het en hom later Windhoek toe gevolg het.

25.7.12

Eerste sportredakteur was Oxford Blue én owerste van Stormjaers

PIET EBERSÖHN skryf: VAN die talle merkwaardige joernaliste wat die pen vir Perskor en sy voorgangers opgeneem het, was Die Vaderland se eerste sportredakteur sekelik een van die merkwaardigste.

Nie net het hy die Universiteit van Oxford in 1930 in die Intervarsity teen Cambridge op die rugbyveld aangevoer nie, hy was ook die owerste van die Ossewa-Brandwag se para-militêre elitekorps, die Stormjaers, wat

Die verslaggewer wat nie anders Connie


THYS HUMAN skryf: vertel Con was ’n knap misdaadverslaggewer by Die Vaderland iewers in die jare sestig. Hy was egter ook, soos die meeste, lief om ’n doppie of wat te maak.

Hy is toe aangesê om ’n storie te gaan dek van iemand wat ’n doktorsgraad van Wits ontvang het oor ’n studie van prostitusie in Johannesburg.

24.7.12

Waarom het Perskor die stryd teen Nasionale Pers verloor?

ANDRIES BOTHA skryf: Beeld is ’n Pretoriase koerant met hoofkantoor in Johannesburg.

Sonder sirkulasiesyfers voor my is ek bereid om my kop op ’n blok te sit dat die meerderheid van Beeld se lesers in Pretoria sit. G’n wonder Loftus is Saterdae vol Beeld-plakkate met dié spreuk daarop: “Ons bloed is blou”.

Perskorhane de hoenders in oor Kersbonus

PHILIP DEETLEFS dink terug aan die dae van Perskor se hoenderbonusse met Kerstyd:

Ons Kersfeesbonus was by geleenthede ’n bevrore hoender wat ons in die kafeteria moes gaan afhaal. En om te sorg dat niemand dalkies twee van die flippen goed vat nie, moes jy geteken het dat jy jou hoender ontvang het. Dubbel-bonusse was nie aan die orde van die dag nie.

23.7.12

’n Behoefte aan dringende metafisika

ANDRÉ SCHEEPERS, ’n gewese lid van Die Transvaler se finansiële redaksie, herleef ’n greep uit sy Nieu-Doornfonteinse dae

OORLEDE Henk Wybenga en ek het goed bevriend geraak by Die Transvaler. En soos goeie vriendskappe betaam het ons elke middag ná werk die vriendskap oorkant die straat by Vegkop gaan bevestig. Na ’n tydjie het ons agtergekom dat ons kapasiteit om te vier veel groter was as

Dis bra vaal, die Es-y-bie-sie se rugbytaal

SUZELLE FOURIE skryf: Ek wil graag ook ’n stuiwertjie bydra tot daardie immer-groeiende beurs van irritasies wat deur sogenaamde rugby-kommentators op die arme luisteraars ”losgelaat” word.

Waar, wanneer en waarom het die nare gebruik tog posgevat dat elke liewe siel agter die mikrofoon hulle deesdae soos volg uitlaat:

20.7.12

Frik se spyt oor 'n vuishou

ANDRIES BOTHA skryf: Eendag het ek, toe ek Durbanse Verteenwoordiger was en oor die July-modes moes skryf, die volgende verby die subs gesluip gekry: “’n Steekproef wat ek onder Durbanse mannekyne gedoen het, het getoon dat mini-rokke vanjaar hoog in die mode en ver bokant die knieë gaan wees.”

Bal en wedstryd weggeskop

Joe van Buuren skryf: Die rugbystories herinner my aan die keer toe Willie Buys en Gert van Rooyen op Markspark in 'n rugbywedstryd gespeel en die bal verdwyn het nadat iemand dit geskop het. Ons het lank na die bal gesoek, maar dit was eenvoudig weg. Ek meen dis waarskynlik die eerste en enigste georganiseerde rugbywedstryd wat gestaak moes word omdat die bal verdwyn het.

Of hoe?

Daar ís 'n verskil

Willie Buys skryf: Dit was in die vroeë jare van Die Tranvaler se oorlewingstryd met Beeld dat fotograaf Dawid Briers vanuit die skone Kaap by die redaksie aangesluit het. Dawid was toe 'n fris sportman wat uitgeblink het in rugby, maar eintlik in amateurstoei groot sukses behaal het. Op 'n dag word hy na die sportkantoor ontbied om 'n foto te neem van twee rofstoeiers wat die legendariese promotor oom Bull Hefer van oorsee ingevoer het om Suid-Afrika se plaaslike stoeitalent te kom beproef.

Só verloor Willie my

ANDRIES BOTHA skryf: Wyle Willie Brasé, wat so tragies vermoor is, was glo op Merensky-landbouskool ‘n kranige atleet, onder meer ‘n verspringer. My kleinboet, toe maar so 12 jaar oud, het vir hom gesê: “Dit was seker eerder diepsprong.” Willie was toe al lywig.

Eendag het hy saam met my van die landdroshof af teruggestap kantoor toe. Net voor Smitstraat van die stad se kant af in Sauerstraat was daar ‘n

Dok Craven sorg vir twee wonderlike "scoops"

GERT LE ROUX skryf: As sportskrywer het ek myself as ’n atletiekman beskou, hoewel dinge ’n ander pad geloop het. Hy vertel die een en ander uit sy koerantdae.

Rugby het aanvanklik ’n veel belangriker rol gespeel in die sowat tien jaar wat Johannesburg my basis was en ek het groot oomblike beleef. Ek was bevoorreg om talle van die Springbokke se rugbytoetse uit vele