KAREN PRETORIUS skryf: Daar was in die jare sewentig nie een nie, ook nie twee nie maar DRIE
befaamde Venter-skrywers by Republikeinse Pers met wie ek die redaksiekantoor in
Nedbank City East in Doornfontein gedeel het.
C. J. (Corrie) Venter was die redakteur van Radio en TV Dagboek
en ook gewilde en bekende fiksieskrywer van romans, en radio- en tydskrifverhale;Paul C. Venter, toe redakteur van die tydskrif, Keur, en wat vandag nog besig is as draaiboekskrywer vir televisiereekse en -rolprente;
Al J. Venter, ʼn redaksielid van Scope wat ʼn legende is as oorlog-joernalis en steeds in die wêreld se konfliksones verslag doen.
Om so nóu saam met hierdie drie skrywers te gewerk en gedagtes te verwissel het, was ʼn groot voorreg en ʼn goeie leerskool vir ʼn joernalistieke loopbaan.