MAUREEN (HEYL) SWART skryf: Met verwysing na Gert van Rooyen se amusante brokkie oor subs (klik
HIER) , van my kant af ook 'n bydraetjie: Soos honderde joernaliste vóór my en honderde ná my, moes ek ook in my kuikendae deur die smeltkroes van vertaalwerk gaan. Daai Sapa-berigte wat so onophoudelik en genadeloos uit die teleksmasjien gestroom het.
Een oggend kry ek met 'n beriggie te doen wat wemel van die Engelse woord, "maritime." Dit was"maritime" voor en "maritime" agter. Al te verskriklik.