Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

26.7.22

Kom ons deel meer van die vreugdes ook

PERSKOR het in 1998 met CTP Caxton saamgesmelt en van die toneel verdwyn – dit is al 24 jaar gelede. 

Dis noodwendig dat K’rant se lesers ou kant toe staan. Die berigte oor afgestorwe kollegas neem toe. Ons moet keer dat K’rant lesers morbied maak. Alles is egter nie verlore nie. 

In sy jongste berig, vertel K’rant van Sandy Macdonald, ʼn gewese hoofsub van Die Transvaler, se prestasie om op ouderdom 66 ʼn wêreldtitel in stoei te verower. 

Die oud-Perskorhane is nog lank nie koud nie. Kom ons deel ons stories van hoe ons en ons oudkollegas sommer nog baie skop in ons het. 

Vertel ʼn slag wat julle deesdae doen – of julle nou uitblink of nie, dalk sommer net jul oudag rustig geniet in hoeverre dit moontlik is. Wat is jul stokperdjies en tydverdrywe? 

Wat van jul kinders en kleinkinders se prestasies? Ons deel graag daarin. ʼn Paragraaf of wat is voldoende. ʼn Lekker lang geselsie nog beter.

25.7.22

Tom Cairncross -- Joernalis, redakteur, onderwyser, boer en jagter

Tom Caircross
K’RANT het onlangs berig dat Tom Cairncross, ʼn jarelange bekende in joernalistieke kringe, oorlede is. ʼn Oudkollega Rean Steenkamp en sy dogter Lousette le Roux roep Tom hieronder in herinnering.

REAN skryf: Met groot hartseer moes ons Tom Cairncross onlangs groet – ʼn man wat diep in die hart van soveel van sy kollegas, familie en vriende gekruip het. Tom was ʼn ervare verslaggewer, ʼn subredakteur, redakteur, onderwyser, boer en boogjagter, ʼn wonderlike eggenoot vir sy vrou Markie en ʼn pa vir twee dogters, Louisette en Naomie. 

19.7.22

Sandy MacDonald Wins World Freestyle Wrestling Title in Poland

SANDY MACDONALD
, known around the world as one of wrestling and life’s true gentlemen, were recently crowned as the category G for wrestlers on 19 June 2022 in Warsaw, Poland.

In a sport that has been viewed as arguably the toughest combat sport with a history spanning as old as human civilization it’s hard for outsiders to understand that a 66-year-old person can still compete at an elite world championship level.

Sandy has been a member of the South African Masters Wrestling team for many years competing at many international tournaments and world championships. This year will stand out as his greatest year as he claimed his maiden world title. 

On route to the claiming the world title he fought world class and internationally acclaimed opponents in Edward Maselko of Poland and Gaetano Dizebba of the USA. He fought his heart out at one stage during the bout he had blood streaming from his nose but continued wrestling with grit and determination that is rarely seen and unimaginable for a 66-year-old. 

It was an immensely proud moment for each of the South African team members witnessing him receive his gold medal on the greatest stage in world wrestling. 

1.7.22

Tom Cairncross oorlede

Tom Cairncross
SANDY MACDONALD het laat weet dat TOM CAIRNCROSS Saterdag oorlede is. Rean Steenkamp, stigter en uitgewer van verskeie jag- en boogjagpublikasies, vir wie Tom later jare gewerk het, het dit bevestig.

“Nadat sy vrou, Markie, oorlede is, het Tom vinnig agteruitgegaan. Hy het kort ná haar dood sy hele lewe opgeteken in ’n dokument, waarin hy verslag doen oor al die plekke waar hy gewerk het,” sê Rean.