Dis weer tyd vir lekker kuier by ons volgende reünie van oudwerknemers
van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers,
Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens). Die reëlingskomitee, onder
leiding van voorsitter Harald Pakendorf en bygestaan deur sy gade
Aletta, Louise Blake en Madelaine Page, het besluit om vanjaar weer ‘n
funksie by dieselfde restourant as tevore – die Irish Rock - te hou. Die saamtrek vind op Sondag, 25 Mei 2025, plaas. Die ete begin stiptelik
om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. Daar is ‘n
kontantkroeg.
Die Irish Rock se buffet bied bief bourguinon, oondgebraaide hoender,
rys, patats, roomspinasie, geelwortels en Griekse slaai. Vir nagereg,
sjokolade bruintjie en roomys, of malvapoeding en vla.
‘n Bottel elk rooiwyn en witwyn sal gratis per tafel uit ons fonds verskaf
word. Ekstra wyn en ander drankies, bier en koeldrank kan by die
kontantkroeg bestel word. Koffie en gebottelde water is ook vir jou eie
rekening.
Ons word nie altyd in kennis gestel van oudkollegas wat intussen
afgetree het en nuwe eposadresse het nie; indien jy van sulke gevalle
weet, stuur asseblief die uitnodiging aan hulle of stuur die nuwe
eposadres aan Louise.
Ons het plek vir 40 mense, so wikkel en
bespreek julle plekke so gou moontlik. RSVP teen 21 Mei 2025 per e-
pos na lblake2@telkomsa.net of skakel Louise by 082 472 2840. Jou
bespreking sal bevestig word.
Die Irish Rock se adres is West Rand Retail Crossing, h/v Nic
Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel,
Roodepoort.
Padaanwysings:
- Uit die Johannesburg-omgewing – neem die Beyers Naudé-afrit en ry
noord verby die Lifestyle-kwekery en draai links in Eastwoodlaan. ‘n
Klein entjie verder vurk die pad. Hou regs in Scottlaan. Dit verander na
Paul Krugerweg en later Nic Diederichsboulevard. Hou vir etlike
kilometers reguit aan, verby SASOL-VULSTASIE (links), steeds reguit
aan oor die verkeerslig, ry teen die bult af en draai links by die eerste
verkeerslig in FLORINWEG. Eerste straat regs om sirkel. Weer eerste
straat regs by sentrum in. Die restourant is links op die punt. Volop
veilige parkering tot agter die restourant. Stap deur na die stoep.
- Vanaf Pretoria – neem die N14 na Krugersdorp. Ry tot by eerste
verkeerslig. Draai links. Dit word Hendrik Potgieterweg. Draai links in Nic
Diederichsboulevard etlike kilometers verder aan by Retail Crossing. By
die eerste verkeerslig draai regs in FLORINWEG en volg aanwysings
soos hierbo.
Groete
van Harald en Aletta Pakendorf, Louise Blake en Madelaine Page.