HARALD PAKENDORF skryf (op versoek): Om ‘n boek te skryf was nou nie waaraan ek gedink het nie. Ek werk nog voltyds, die tyd is maar min. Het tog gewonder of ek dalk nie vir die dogters en kleinseuns ’n soort familiegeskiedenis moet skryf nie, so ‘n Stories vir die Kinders.
Toe praat Penguin my om om ‘n ander boek te skryf en so eindig die pogings in
Stroomop, eintlik maar herinneringe van die joernalistiek in die dae van apartheid. Ek het probeer om op die agtergrond te bly maar dit is onmoontlik as jy moet skryf oor twee koerante waarvan jy redakteur was -- 1972 tot 1986, Oggendblad en Die Vaderland.